advertisement
Question
Posted by: Rieka | 2009/09/23

Hand steek soos spelde

Hallo Dr. Ek het ' n paar jaar gelede ' n operasie aan my linker elmboog gehad, die senuwee wat daar verby loop het vasgeknyp tussen die beentjies van die elmboog, van die been is toe weggeneem en die senuwee is toe uitgelig. Maar die afgelope paar maande in die nag begin my linker hand steek soos spelde, vanaf die pols, die hele hand behalwe die pinkie. Ek le nie op die arm of so iets nie, en die hand gaan ook nie dood nie, dit steek net soos spelde en dit hou aan vir +- 5-10 min. Al skud ek die hand of beweeg dit vat ' n hele ruk om oor te gaan, waar ek die operasie gehad het voel dit somtyds of iets trek en dit brand daar. Ek het die operasie so 7 jaar terug gehad. Ek sal dankbaar wees vir hulp. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Rieka
Dit klink of daar weer 'n senuwee irritasie is, dalk het daar nou litteken weefsel gevorm wat die senuwee weer knyp - dit kan ook by die pols gebeur. Laat jou ortopeed liewer daarna kyk
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement