advertisement
Question
Posted by: Susan | 2012-03-08

Haarverlies/Yster

My hare het nou onlangs baie begin uitval - letterlik bosse hare. Asook my ooghare. Ek het ''n skildklier toets gedoen wat normaal wys, asook ''n ystertoets.

My ystertellings is as volg:

Iron - 12.4 umol/L
Transferrin - 45.5 umol/L
% Saturation - 13.6%
Ferritin - 11.8 ng/ml

''n Paar jaar terug het ek ook so haarverlies gehad, en toe was my Ferritin 24.3 ng/ml. My hare het oor die tydperk baie dun geword en dit het nooit weer terug gegroei nie.

Kan my lae ystertelling die oorsaak van die haarverlies wees?
Indien wel, hoeveel moet my telling wees om die haarverlies te stop en wat is die gewenste telling om hergroei te begin?

Ek wil ook graag weet wat is die beste metode om my yster op te bring, inspuitings of aanvulling.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Susan

Ongelukkig is daar vele oorsake van haarverlies en ek dink die beste raad is om 'n dermatoloog vir 'n ondersoek te konsulteer. Verwys asseblief na die volgende artikel oor haarverlies: http://en.wikipedia.org/wiki/Hairloss

'n Metaboliese steuring en gevolglike anemie, kan haarverlies veroorsaak. Die beste manier om jou ystervlakke op te kry, is om broccoli, spinasie, lewer, vleis, vis ens te eet. Jy kan ook 'n aanvulling soos Ferromino Forte te gebruik.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement