advertisement
Question
Posted by: M. Botha | 2009/03/02

Haar verlies

Goeie Middag

Ek wil asb navraag doen oor wat die oorsaak kan wees vir my haarverlies en ' n moontlike oplossing daarvoor.

Ek is ' n 25 jarige vrou wat redelik gesond leef. ' n Jaar terug het ek verhuis van die Vrystaat na Kwazulu Natal, die verhuising het baie stres veroorsaak met nuwe verblyf en werksomstandighede wat onstabiel was. Die laaste paar maande het dinge relatief gestabiliseer en is ek nie meer so gestres oor alles nie.

Ek weet haarverlies kan geassosieer word met stres en klimaats verandering (en daar is ' n groot verskil in klimaat vanaf die droeë  Vrystaat na die humiditeit van KZN), maar na ' n jaar behoort my haarverlies tog mos al te verminder het.

My eetgewoontes is redelik gesond, maar ek kan wel meer water drink en vrugte eet. Met aandete eet ek gewoonlik altyd ' n slaai saam met die maaltyd. Ek kan ook doen met ' n paar kilo' s verloor (ek is nie oorgewig nie, net bietjie mollig). ' n Ander nadeel is dat ek nie baie aktief is nie, my werk is ongelukkig van so aard dat ek permanent agter ' n lessenaar sit. Wanneer ek kans het gaan stap ek saans.

Ek wonder dus of my haarverlies die oorsaak kan wees van ' n te kort aan sekere vitamines of omdat ek nie genoeg oefening kry nie? Ek versorg my hare goed en spandeer baie tyd om dit te stileer, maar saam met die stilering gebruik ek die nodige beskerming wat beskikbaar is vir ' n mens se hare. My haarkapster verseker my wel dat my haarverlies nie die oorsaak kan wees van die manier hoe ek my hare hanteer nie.

Ek is net regtig al raadop met my hare wat konstant uitval as ek daar meer werk. Kan u my asb raad gee hoe om hierdie probleem op te los.

U terugvoering sal waardeer word.

Baie Dankie
M. Botha
02/03/09

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo M Botha
Ek dink daar is 'n paar dinge wat jou dokter moet na kyk - jou ystervlakke en jou skildklier hormoon om mee te begin. Stress, onlangse siekte en hormoon veranderinge kan ook jou hare laat uitval. Probeer 'n aanvulling soos Nu-hair multivitamiene, en gooi Lennon Bergamot essens in jou sjampoo ( 1 botteltjie op 'n bottel shampoo). Jy kan ook Alkod op jou kopvel smeer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2015/06/26

My skoonma 74 het besluit om haar hare te laat groei sy het dik hare en dit is tans net bokant haar skouerlyn. Sy kla nou dat haar hare bosse uitval, sy gebruik geen medikasie of hormoonbehandeling sy ek kan net noem dat sy nog al haar vrouedele het en blakend gesond is. Is daar dalk raad? Moet sy liewer haar hare in kort styl dra?

Reply to Charlotte
Posted by: Mev Erasmus | 2009/05/24

Hallo
My dogter van 14jaar se hare val vreeslik uit ek tel elke aand as sy gestort het omtrent ' n handvol hare van die stortvloer af op.
Sy is nie sieklik nie en redelik fiks sy lei ook nie aan enige stres waarvan ek bewus is nie. Stuur asb vir my raad.
Dankie
Mev Erasmus

Reply to Mev Erasmus

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement