advertisement
Question
Posted by: Eugene | 2010-03-17

H pylori infeksie

Hallo dokter

Ek het so 2/3 jaar terug baie pyn in my RUQ (right upper quadrant) begin kry en ek het ''n geskiedenis van sooibrand. ''n Gastroskopie en kolonoskopie was gedoen. Die kolonoskopie was normaal, maar die gastroskopie het ''n h pyloi infeksie gewys (die biopsie verslag sê  ''n ernstige infeksie van h pylori is teenwoordig). Die gastro dok het vir my op triple terapie gesit vir ''n week (Amoxil, Klacid en Nexium). Weens newe effekte kon ek net 4 dae op dit wees. Die pyn het toe weggegaan na ''n tyd en nou so ''n jaar later is dit weer terug. My GP het vir my op Nexium, Amoxil en Flagyl gesit, maar ek kry dieselfde newe effekte (vel brand verskriklik en word rooi).

Nou wil my GP my weer vir ''n gastroskopie stuur. My vraag is nou net, as die kiem weer aktief is, wat kan hulle doen om van dit ontslae te raak as ek heeltyd hierdie newe effekte kry van die medikasie. Ek is tans net op Sandoz-Omeprazole 40mg. Dit help nie juis die simptome nie. Ek sien nou die gastro dok op 11 April, vroegste wat ek ''n afspraak kon kry. My eetlus is goed, en ek het nie enige ander simptome behalwe pyn nie. (Geen bloed, naarheid ens nie.)

Het jy dalk enige raad want ek is so bang hulle wil weer antibiotika gee en dan gebeur dieselfde.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Eugene
Het jy al van tevore enige newe effekte met antibiotika gekry? Ek sien jou dokter het nou weer Amoxil gegee - is jy nie dalk allergies daarvoor nie? Alkohol saam met Flagyl kan ook rooi warm flushes veroorsaak. Nie almal word gesond met die eerste reeks antibiotika nie en 20% van pasiente moet in elk geval 'n tweede kursus neem. Daar is 'n paar verskillende kombinasies antibiotika wat mens kan gebruik.
Sien http://www.uptodate.com/patients/content/topic.do?topicKey=~gi0iITvAhVEvR5
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Marianne Myburgh | 2010-05-06

Dokter,
My man is die afgelope 5 jaar positief gediagnoseer by twee geleenthede ongeveer 2-3 jaar uitmekaar, met H Pylori. Dit is gedoen met gastroskopie. Pas is hy weer siek en word vir die virus behandel. Hy is ook op behandeling vir sooibrand, aorta probleme (4 Stents), diabetes en is ook positief getoets vir seronegatiewe artritis, het ''n iliatis 2 breuk van die regter heup (bekken gedeelte) en hoe bloeddruk. Hy gebruik 7 tablette per dag en nou het hy weer H-pylori. Hoe kry mens die ''ding'' weg vir altyd? My man is 57 en soos verstaanbaar nie gesond nie, hoewel hy nog voltyds werk as plaasbestuurder. Hy het ook twee mantelvlies herstelle gehad, asook gepaardgaande slukderm vernouings.
Baie dankie,

Marianne

Reply to Marianne Myburgh
Posted by: cyberdoc | 2010-03-17

Hallo Eugene
Het jy al van tevore enige newe effekte met antibiotika gekry? Ek sien jou dokter het nou weer Amoxil gegee - is jy nie dalk allergies daarvoor nie? Alkohol saam met Flagyl kan ook rooi warm flushes veroorsaak. Nie almal word gesond met die eerste reeks antibiotika nie en 20% van pasiente moet in elk geval 'n tweede kursus neem. Daar is 'n paar verskillende kombinasies antibiotika wat mens kan gebruik.
Sien http://www.uptodate.com/patients/content/topic.do?topicKey=~gi0iITvAhVEvR5
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement