advertisement
Question
Posted by: danie | 2012/11/04

groot maag sogenaamde bierpens

Ek is 45 jaar oud en dit voel vir my ek raak nou net groter. Ek weeg 120kg en is 187 lank . My probleem is dat ek in ''n strersvolle omgewing werk en ook deeltyds boer . Dit beteken dat ek soms swaar goed moet skuif en ek deesdae erge rugpyn ontwikkel . ek het hoe bloedruk en drink nie baie nie . ek is lief vir soet goed . my gewig raak nou buite beheer omdat dit my gehalte van lewe beinvloed . ek sal graag ontslae wil raak van stuk pens help my met dieet asseblief

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Danie
Jou huidige BMI = 34,3, wat dui op erge oorgewig. Dus sal dit raadsaam wees om gewig te verloor. Om weer terug te keer na die normale reikwydte behoort jy 88 kg te weeg, wat 'n verlies van 32 kg sal behels. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, en doen 'n soektog met "DASH Diet" om te lees oor die sg. "DASH Diet" wat in die VSA ontwerp is om hoë bloeddruk te bekamp. Dit is ook 'n lae-vet-dieet wat sal help met gewigsverlies. Dit wil voorkom dat jy wel fisies aktief is, maar dit sal help om elke dag vir ten minste 30 minute flink te stap om te help om die gewigsverlies aan die gang te kry en ook om jou stres te verminder. Indien jy sukkel om die 'Dash Diet' toe te pas, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement