advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2012/09/27

groot maag

Hallo Dokter.

Ek sukkel baie om die vet om my maag te verloor. Dis nie ''n bietjie vet nie, dis baie! Ek het ''n prominente appel figuur.
Ek het gelees dat mense met maagvet anti-inflammatoriese kos moet eet. Want dis ''n hele kringloop van stres wat inflammasie veroorsaak wat maagvet vererger.
Stem Dokter hiermee saam?
Watter kos is anti-inflammatoriese kos?

Baie dankie vir u hulp
Groete, Lizzy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Indien jy baie sg. abdominale vet het, dan sal dit eerstens help om algemeen gewig te verloor m.b.v. 'n gebalanseerde, lae-vet dieet wat ryk is aan beskermende voedingstowwe (dus baie heelgrane, vrugte, groente, en lae-vet melk en suiwelprodukte). 'n Goeie voorbeeld van so 'n dieet is die DASH-dieet wat in die VSA ontwikkel is om hartsiektes en hoë bloeddruk (ook albei siektes wat verband hou met die inflammasie en vrye radikaal kringlope) te bekamp. Klik op 'Diet & Nutrition bo aan hierdie bladsy en dan op 'Food as Medicine' en 'Hypertension' om op te lees oor die sg. "DASH Diet". Die DASH-dieet het 'n lae vetinhoud en 'n hoë veselinhoud wat sal bydra tot gewigsverlies. Indien jy sukkel om die DASH-dieet toe te pas, sal ek aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met die DASH- dieet. Verder kan oefeninge wat die maag teiken soos "sit-ups" ook help om die vet te mobiliseer. Indien jy steeds sukkel met hierdie abdominale vet, dan kan dit dalk help om 'n plastiese chirurg te sien oor 'liposuction' om van die vet te verwyder.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Eric | 2012/10/14

Ik vraag me toch af ik wil graag 4kg vermageren. Ik ben ondestursen al 2 afgevallen door een soort van crash dieet, nu ja eigenlijk was ik gewoon ziek en kon voor 2-3 dagen niets binnenkrijgen. Mooi dacht ik , ik ben afgevallen. Maar ja, en nu? Hoe doe ik dat nu dan? Opnieuw crash dieet, dat is VEEL te moeilijk! Of is er nog een andere optie , het probleem met veel dieten is dat het VEEL geld kost of dat het allemaal te vaag is.Heb jij soms tips om dat hongergevoel wat te stillen?

Reply to Eric
Posted by: DietDoc | 2012/09/27

Beste Lizzy
Indien jy baie sg. abdominale vet het, dan sal dit eerstens help om algemeen gewig te verloor m.b.v. 'n gebalanseerde, lae-vet dieet wat ryk is aan beskermende voedingstowwe (dus baie heelgrane, vrugte, groente, en lae-vet melk en suiwelprodukte). 'n Goeie voorbeeld van so 'n dieet is die DASH-dieet wat in die VSA ontwikkel is om hartsiektes en hoë bloeddruk (ook albei siektes wat verband hou met die inflammasie en vrye radikaal kringlope) te bekamp. Klik op 'Diet & Nutrition bo aan hierdie bladsy en dan op 'Food as Medicine' en 'Hypertension' om op te lees oor die sg. "DASH Diet". Die DASH-dieet het 'n lae vetinhoud en 'n hoë veselinhoud wat sal bydra tot gewigsverlies. Indien jy sukkel om die DASH-dieet toe te pas, sal ek aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met die DASH- dieet. Verder kan oefeninge wat die maag teiken soos "sit-ups" ook help om die vet te mobiliseer. Indien jy steeds sukkel met hierdie abdominale vet, dan kan dit dalk help om 'n plastiese chirurg te sien oor 'liposuction' om van die vet te verwyder.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.