advertisement
Question
Posted by: mama | 2008/08/19

Grommits

Gee my bietjie duidelikheid oor Grommits asb. Ek het toe my seuntjie gehad by die ONK spesialis, hy sê  my LO het vog in sy ore en ons gaan dit vir 10 dae behandel met antibotika en Illidian, as dit nie opklaar nie sal jy grommits moet kry. Nou sê  nou vir my waar kom die vog vandaan? Is dit omdat hy met sy bottel gaan slaap? verduidelik asb vir my mooi want my skoonma sê  dit is van dit en my ma sê  dit is nonsens.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Mama
Jou middeloor het dieselfde vliesie in as die binnekant van jou neus en as jy verkoue of infeksie kry, dan maak dit slym. Dit kan dan binneoor vog laat opbou, veral as die buisie wat die binneoor met die agterkant van die keel verbind toegeswel is en die vog nie kan dreineer nie. ( dis waarvoor hy die illiadin gee - om die eustachiusbuisie se gaatjie oop te maak) Kyk prentjie: http://www.drsteer.co.za/images/new%20pics/Untitled-18.jpg
As dit nie help nie, sit hulle 'n grommet in - dit is n klein plastiese buisie wat deur 'n piepklein snytjie in die oordrom gesit word wat dan help om lug in die middeloor in te kry en die slym te dreineer. Soos die kind groei, groei die gromet uit en val later vanself uit. Dit veroorsaak nie skade aan die oordrom nie. Chroniese taai slym in die middeloor (ons noem dit 'n gom oor) kan doofheid veroorsaak omdat die beentjies dan nie mooi kan beweeg in die oor nie en die oordrom ook nie kan beweeg nie)
As kinders met bottels lê en drink loop daar baie keer bietjie melk deur die eustachius buisie in die middel oor in en dit veroorsaak dan middeloor infeksie, maar die melk maak nie die vog nie, die infeksie doen.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chris | 2008/08/19

Hi mama,
Ek is nie ' n dokter nie maar het 2 kinders wat albei grommits in gehad het. WAT ' n VERLIGTING!!!
Die beste manier hoe ek kan verduidelik is:
Wat gebeur is: Kinders se oorkanale word wyer soos die kind groei. Baie kinders se kanale " groei"  ongelukkig nie so vinnig soos die kind self nie. Hoe groter die kind word hoe meer skei sy ligaam natuurlike vog uit (oorwas). As die oorkanaal nie wyd genoeg is nie blok die vog op en oor infeksies vorm. Middeloor ontsteking ens. Grommits is pypies wat in die oorkanaal gesit word om te verseker dat die vog met gemak uitgeskei kan word. Dit val gewoonlik na omtrent 6 weke self uit. Dan is die kanaal wyd genoeg om self sy natuurlike funksies te kan hanteer. Somtyds is dit wel nodig vir nog gromits. Die ONK spesialis sal vir jou sê .
Dit is nie omdat jou kind met ' n bottel slaap nie en ook nie omdat hy gebreklik is of enige van daai simpel stories nie.Dit is natuurlik en gebeur met baie kinders. Toe my seun (2de ind) oorinfeksie kry het ek aangedring op gromits want om ' n kind van daai ouderdom op antibiotika te hê  is glad nie wenslik nie.
Sodra die kind gromits in het moet jy versigtig wees dat daar nie water in die oor inloop nie - dit sal seer wees vir jou kind. Dit gebeur nie sommer nie - moenie bekommerd wees hieroor nie.
Dring aan daarop! Jy doen jou kind, jouself en jou finansies ' n groot guns!
Laat weet my!
NS: Gromits word wel onder narkose ingesit maar sodra die narkose afgewerk is sal jou kind nie eers medisyne nodig hê  nie.

Reply to Chris

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement