advertisement
Question
Posted by: Henriette | 2010/11/12

Grommets

Hi Doc,

My seuntjie (4) het Januarie 2010 ''n mangel op gehad en grommets gekry. Die grommets het nog nie uitgeval nie - is dit ''n probleem? Moet ek hom terugneem na die ENT?

As ek in sy ore kyk kan ek die blou " goedjies"  duidelik sien, maar dit lyk asof daar was/droë  etter rondom is. Die regteroor het Augustus (6 mnde na op) vir die eerste keer " uitgeloop"  maar daar was nog nie weer probleme nie. Ek is net bekommerd omdat dit nog nie " uitgeval"  het nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Henriette

Grommets kan uitval op verskillende tye by verskillende pasiente. Die belangrikste is net dat dit nie vir langer as 2 jaar moet inbly nie.(Ek verwys na 'n grommet wat in die oordrom geplaas is). Die tye wat die grommet inbly wissel agv die tipe wat ingeplaas word, die pypies is so ontwerp dat sekere tipes langer inbly as ander. Die 2 jaar tydperk geld egter vir almal.
Die feit dat jy die grommets al kan sien, beteken dat dit reeds uit die oordrom geskuif het, en nou in die oorkanaal is. Die grommets beweeg uit op hul eie tyd, en die aanpaksel om die pypie is hoe die oor dit uitbeweeg. Dit werk op dieselfde basis as wat die oor ontslae raak van oortollige was.
As die grommet in die kanaal is, veroorsaak dit nie skade nie, so dit kan so lank neem as wat nodig is om uit te kom. Indien jy weer die ONK spesialis sien, kan hy/sy dit soms verwyder as dit moontlik is, dit is egter nie nodig nie.
Grommets sal net weer nodig wees as hy probleme met die oor ontwikkel.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement