advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2012-04-10

Groentesop

Hallo Dokter.

Ek stem saam met Angela van die vorige ''post''. Die laaste paar dae is aansienlik kouer, en ek word al meer honger en lus vir lekker winterkos wat my sal troos. Winter is definitief oppad. Ek het al 17kg verloor deur baie harde werk, maar is bang die winter gaan alles opmors. Ek het toe gedink aan ''n heerlike dik groentesop. Hoe kan ek dit maak sodat dit gesond is en nie die rolletjies sal laat aanpak nie? Dit moet darem lekker wees en nie vaal proe nie. Anders gaan die hoenderpastei en malvapoeding wen!! Het Dok enige idees of raad vir lekker sop?

Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Nou dat die weer begin kouer word, moet mens wel versnaperings kies wat jou nie verder gaan afkoel nie! Dus is groentesop en helder sop (d.i. “consomme”, gemaak van sopblokkies of vleisekstrakte en warm water), plus warm drankie gemaak met lae- of vetvrye melk die aangewese keuses. Ek hou persoonlik van 'n mengsel vars groente wat opgekook word in aftreksel totdat die groente net sag, maar nie pap is nie. Dit het 'n lae kJ-inhoud, veral as mens sg. 'negatiewe-kJ groente' gebruik (bv. kool, tamaties, seldery, uie, pietersielie, soetrissies, ens).
Geniet die lekker sop
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-04-11

Beste Lizzy
Nou dat die weer begin kouer word, moet mens wel versnaperings kies wat jou nie verder gaan afkoel nie! Dus is groentesop en helder sop (d.i. “consomme”, gemaak van sopblokkies of vleisekstrakte en warm water), plus warm drankie gemaak met lae- of vetvrye melk die aangewese keuses. Ek hou persoonlik van 'n mengsel vars groente wat opgekook word in aftreksel totdat die groente net sag, maar nie pap is nie. Dit het 'n lae kJ-inhoud, veral as mens sg. 'negatiewe-kJ groente' gebruik (bv. kool, tamaties, seldery, uie, pietersielie, soetrissies, ens).
Geniet die lekker sop
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement