advertisement
Question
Posted by: Santie | 2010-09-07

Groentesop

Hi Dietdoc

Ek probeer tans hard om gewig te verloor. Ek eet deur die dag gesond en hou daarvan om saans vir my groentesop te maak. Ek gebruik die volgende vir die sop:
1 Hoenderblokkie (OXO)
1 Ui
2 Wortels
2 Tamaties
1 Aartappel
Halwe greenpepper

Ek gebruik water om die blokkie aan te maak en voeg die res van die bestanddele by. Soms sal ek die sop bietjie verdik deur ''n klein bietjie (ongeveer 1 teelepel) koekmeel aan te maak en by te voeg.

Wat ek graag wil weet is hoeveel sop ek kan eet? M.a.w wat is die KJ inhoud van die sop.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Santie
Die meerderheid groente wat jy vir die sop gebruik is baie laag in energie en selfs 'n groot aartappel bevat net 360 kJ per 100g. Dus skat ek dat die sop ongeveer 140 kJ per 100 ml sal verskaf. As 'n vrou wil verslank, behoort sy ongeveer 6300 kJ per dag in te neem, m.a.w. 2100 kJ per maaltyd (3 per dag). Al drink jy 400 ml van die sop sal jy dus net 560 kJ inneem, wat jou toelaat om 'n sny lae-GI brood met 'm skraapsel ligte margarien te eet en selfs 'n vrug vir nagerek.
Sterkte met die dieet
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-09-08

Beste Santie
Die meerderheid groente wat jy vir die sop gebruik is baie laag in energie en selfs 'n groot aartappel bevat net 360 kJ per 100g. Dus skat ek dat die sop ongeveer 140 kJ per 100 ml sal verskaf. As 'n vrou wil verslank, behoort sy ongeveer 6300 kJ per dag in te neem, m.a.w. 2100 kJ per maaltyd (3 per dag). Al drink jy 400 ml van die sop sal jy dus net 560 kJ inneem, wat jou toelaat om 'n sny lae-GI brood met 'm skraapsel ligte margarien te eet en selfs 'n vrug vir nagerek.
Sterkte met die dieet
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement