advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2008/07/24

Groentee en oefening

Is dit waar dat groentee jou kan help om gewig te verloor? Ek probeer om gebalanseerd te eet en drink van Maandag af ongeveer 3 koppies groentee per dag.

Ek wil ook graag weet hoe ek kan uitwerk hoeveel kilojoules ek verbrand deur elke dag 4km in 40 minute se tyd te stap.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anoniem
Daar is wetenskaplike bewyse wat aandui dat groentee kan help vir gewigsverlies, dus sal jy moet sien of dit ook vir jou werk. Algemeen gesproke, sal jy ongeveer 12 kJ/kg liggaamsgewig/uur gebruik. Maal dus 12 met jou liggaamsgewig in kg om te bereken hoeveel kJ jy brand. Onthou tog net, soos ek ook net nou vir Magda gesê het: dit is nie net die kJ wat jy tydens oefening gebruik nie, maar ook die verhoging in jou basiese metaboliese spoed wat vir etlike ure kan aanhou na oefening, wat bydra tot gewigsverlies.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement