advertisement
Question
Posted by: Grietjie | 2012/01/17

Groente

Hallo Dokter. Net vragie asb. Ek en my man probeer " reg eet"  en volg so op ons eie ''n tipe Weighless eetprogram ... met die verskillende porsies van elke voedselgroep per dag. Dit werk baie goed en ons het beide 2,5 kg verloor na 2 weke. Ons oefen ook elke dag. Ek sukkel net geweldig om die 5 porsies groente/dag in te kry ... kan ek bv my 3 vrugte porsies/dag meer maak en die groente minder? Ek sukkel ook met die 3 porsies proteiene/dag. Kan ek iets anders los en dit meer maak? Enige voorstel van u kant sal ek opreg waardeer.
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Grietjie
Jy het tog nou vir jouself bewys dat hierdie tuis-variasie van die Weighless eetprogram wonderlik goed vir jou en jou man werk. 'n Verlies van 2,5 kg in 2 weke is uitstekend. Maar nou wil jy begin verander aan die resep. Dit is verkieslik om die 5 porsies groente te eet aangesien sommige vrugteporsies a.g.v. die suikerinhoud 'n hoër energie-inhoud het. As jy elke dag by een maaltyd 'n gemengde slaai (blaarslaai met komkommer, tamatie en een ander groente soos wortels of ertjies), eet het jy alreeds 4 van jou groente porsies vir die dag ingeneem. Om te peuter met die proteïen is ook nie 'n goeie idee aangesien dit nogal baie energie kan bydra tot jou voedselinname a.g.v. die vetinhoud van baie proteïenkosse (bv vleis, eiers, ens).
Probeer tog hou by julle wenresep.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/01/17

Beste Grietjie
Jy het tog nou vir jouself bewys dat hierdie tuis-variasie van die Weighless eetprogram wonderlik goed vir jou en jou man werk. 'n Verlies van 2,5 kg in 2 weke is uitstekend. Maar nou wil jy begin verander aan die resep. Dit is verkieslik om die 5 porsies groente te eet aangesien sommige vrugteporsies a.g.v. die suikerinhoud 'n hoër energie-inhoud het. As jy elke dag by een maaltyd 'n gemengde slaai (blaarslaai met komkommer, tamatie en een ander groente soos wortels of ertjies), eet het jy alreeds 4 van jou groente porsies vir die dag ingeneem. Om te peuter met die proteïen is ook nie 'n goeie idee aangesien dit nogal baie energie kan bydra tot jou voedselinname a.g.v. die vetinhoud van baie proteïenkosse (bv vleis, eiers, ens).
Probeer tog hou by julle wenresep.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement