advertisement
Question
Posted by: Elizabeth | 2012/05/22

Groeipyne?!?

Hi Dok, bestaan daar so iets soos groeipyne? My vriende se my 12 jarige dogter het groeipyne. Sy het gisteraand vir die 4de keer met ''n week of 2 tussenin die pyne in haar bene, vanaf die kniee na die voete toe, sy kan beswaarlik loop volgens haar so seer is dit. Ek smeer dit uit met Deep Heat, maar kan dit nie eens invryf nie, want sy se is te seer. Ons het lang mense ons familie en haar pa is lank. Sy is nou dieselfde lengte as ek, 1.6m en dra al klaar ''n size 7 skoen en size 8 boot, waar ek ''n size 5 dra en haar pa size 12. As dit nie groeipyne is nie wat is dit dan, want is altyd laatmiddag na slaaptyd toe wat dit gebeur en die volgende dag pyn dit net effens en die dag daarna is alles oor totdat dit weer na ''n week/2 weer begin. Wanneer stop dit! Dit gaan seker nie so aanhou totdat sy 21jaar oud is nie?Gee raad asb. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Elizabeth

Dit is heel waarskynlik weens groeipyne. Ek stel egter wel voor dat julle 'n dokter vir plate konsulteer, om seker te maak dat daar nie onderliggende patologie teenwoordig is nie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Carol | 2012/06/20

My 9 jarige dogter kla ook konstant van pyne in die bene en so aan. Ek het al gehoor van groeipyne maar was nooit seker of daar regtig so iets bestaan nie. Dit gebeur ook omtrent net in die laatmiddae/aande.

Reply to Carol

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement