advertisement
Question
Posted by: Belinda | 2012/05/14

Griep

Hi Doc, ek het griep gehad en die dr het my antibiotika (baie groot pille en bitter), corenza c en flemeze hoesstroop gegee. Ek het verlede Donderdag klaar gemaak met die medikasie en was ok. In die aande vanaf eergister, elke keer is ek gaan slaap, dan begin ek aanhoudend hoes en baie slym hoes ek uit. Is ek weer besig om siek te word? Ek gebruik net B-kompleks aanvullings en was van plan om die griepinspuiting te kry, maar as ek weer besig is om siek te raak, dan kan ek nie die inspuiting kry nie. Ek het gisteraan weer een corenza c gedrink en het rustig geslaap daarna, wat stel u voor as ek weer so aan die hoes raak

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Belinda

Die hoes is heel waarskynlik 'n nagevolg van die griep infeksie. Hou jou temperatuur dop. Indien jy die hoes met 'n hoe koors ondervind, is dit moontlik dat die infeksie nog nie opgeklaar het nie en jy sal dan jou dokter moet herkonsulteer. Onthou bedrus is baie belangrik.

Groete






Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement