advertisement
Question
Posted by: Spikkel | 2008/07/07

Grbreekte elmboog

Dit is alweer ek Dr. Bets, die een met die gebreekte elmboog. Hierdie behoort nou die laaste keer te wees wat ek u gaan pla! My arm is al baie beter, die pyn is baie minder. Ek wil nou net weet: in gevalle soos myne waar die radiale kop 'n fraktuur het en niks anders geskuif het nie, sal my arm weer heeltemal herstel soos voorheen? Want hy is aansienlik dunner as die ander een en kan ook nog nie heeltemal reguit nie? My Dr het gesê die arm sal regkom as ek die oefeninge doen (hy is nie baie vriendelik nie so ek wil hom nie sommer gou weer bel nie, nie dat hy 'n slegte dr is nie). So ek kan hom beweeg, ek tel al goed op met hom en als. Kan ek hom net nog nie heeltemal reguit maak nie omdat die fraktuur nog nie geheg het nie? Of is daar wel 'n kans dat ek met 'n krom arm gaan sit? Ek kan nie verstaan dat ek 28 jaar lank my arm gebruik het en na net 5 weke wat hy "buite aksie" is het hy so dun en swak geword nie. Wat ek eintlik wil weet is of u al pasiënte gehad het met so tipe breuk en of hulle weer die volle gebruik van hulle arm terug gekry het? Moet ek my arm reguit forseer as hy op die stadium kom waar hy voel hy nie meer kan nie? Ek is ook vertel dat 'n breuk 8 weke vat by volwessenes om te heg, is ek net te haastig? Dankie en jammer ek is so lastig!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Spikkel
Tensy die been geskuif het behoort die arm weer reguit te kom - maar moenie forseer nie - doen eerder gereeld jou oefeninge en strek elke keer net so millimeter of wat verder. Die dun armpie is omdat die spiere agteruit gegaan het (atrofeer het) maar dit sal regkom met oefening. Sien jy 'n fisioterapeut? Dit sal dalk baie help. En jy is nie lastig nie :-)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement