advertisement
Question
Posted by: Nina | 2008/09/22

Graan allergie - 7 maande baba

My kind het al baie siek geword die laaste 4 maande ons het uiteindelik uitgevind dat hy allergies is vir graan en melk. Wat kon ons vir hom gee om te eet. Kan ons maar mielie pap vir hom gee? Wat sal u voorstel moet ons maar ' n dietkundige gaan sien? Alles bevat graan en ons wil nie meer ' n siek kind he nie help ons asb waar kan ek meer inligting kry oor graag vrye kosse op die net.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nina
Ek is aan die een kant bly dat die drs uitgevind het wat die probleem is met jou baba, maar aan die ander kant is dit nogal moeilik om 'n klein kind met koring en melk allergieë te voed. Ek sal dus sterk aanbeveel dat julle dadelik 'n dieetkundige spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou moet bystaan om 'n dieet saam te stel wat koring- en melk-vry is, maar tog nog jou baba met al die voedingstowwe voorsien wat hy nodig het vir gesonde groei. Jy sal ook raad kan kry by die Allergie Vereniging - besoek hulle Webwerf by: www.allallergy.co.za
Vir idees en resepte sal ek die kookboek 'South African Cookbook for Food Allergies & Food Intolerance" deur Hilda Lategan, aanbeveel. Kontak Hilda Lategan, wat ook 'n dieetkundige is, by (012) 546-6410) of stuur vir haar 'n e-pos by: mwhildal@mweb.co.za .
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement