advertisement
Question
Posted by: Bril-en-Pil | 2009/03/30

Gout en waterpil

Hi Dr

Ek is tans op die volgende medikasie:
Metformin 850mg 2 x per dag
Indapamied 2.5mg 1 x per dag
Xalacom gloukoomdruppels 1 x per dag

Ek sukkel egter met gout en sien dat gout deur waterpille vererger kan word. My bloeddruk is rustend tussen 115/75 na leefstylveranderinge maar styg deur die dag by die werk tot soveel as 145/95 as gevolg van baie stres.

My 2 vrae:

Sou Perindopril ' n opsie wees vir my eerder as die indapamied? Indien wel, kan ek Indapamied staak en dadelik oorgaan na Perindopril of moet ' n mens dit geleidelik uitfaseer.

Ek is besig met drastiese lewenstylveranderinge en ek sien die positiewe effek op my bloeddurk - indien my bloeddruk telling tot watter punt daal, kan ek begin oorweeg om die bloeddruk medikasie te staak?

Baie dankie vir u opinie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bril-en-Pil
Perindopil en Indapamide is glad nie dieselfde tipe middels nie - maar ja, jy kan oorgaan na 'n ander anti-hipertensie middel. Jou dokter moet egter besluit watter middel die beste vir jou sal werk na aanleiding van 'n ondersoek en jou mediese geskiedenis. Bespreek dit eers met hom.
Normale bloeddruk is 120/80. Meer as 90 onder en 140 bo is te hoog
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement