advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/06/05

Gom en Verf Reuk - hoe affekteer dit my

Goeidag dokter

Ek wil graag weet hoe affekteer ''n korttermyn gom en verf reuk mens se liggaam, gesondheid.

Ons is besig om die groot oopplan kantoor waar ek werk se mure oor te verf en al die matte word vervang. Dit is van daardie blokkiesmatte wat met gom vasgeplak word.

My afdeling het eers op ons 2de vloer gesit en hulle het verlede week Maandag begin om daar te verf en die matte te lê . Ons het heel week in daardie reuk gesit. Ek verstaan dat mens hoofpyn kry, maar ek was verskriklik naar heel week en my spiere is baie seer. Nog mense in ons kantoor het gekla van spier en joint pyne en selfs mense was afgeboek omdat hulle siek was, maar hulle is afgeboek omdat hulle griep en verkoue ook gehad het en nie net oor die verf nie.

Ons afdeling het gister opgeskuif na ons 3de vloer en hulle het gister begin verf en gaan die res van die week die matte doen. Ek wil net weet of die spierpyne en naarheid daarmee tedoen het want ek het nogsteeds baie seer en weet nie of nog ''n week goed vir my gaan wees nie. My spiere, veral in my bolyf, nek en skouers pyn heeltyd en dan nou en dan kramp dit.

As dit die reuk sou wees, is daar iets wat ek daarvoor kan gebruik?

As ek in die aande by die huis kom voel dit omtrent of ''n trein oor my is, maar later die aand en die volgende dag voel ek weer goed. Teen 09:00 in die oggende dan tree die pyne weer in.

Ons sit ongelukkig nie naby vensters nie en het heeldag lugversorgers aan.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenn

Blootstelling aan die vlugtige gasse van die gom en verf, kan hoofpyn, geheue verlies, respiratoriese komplikasies, soos sinusitis en asma, gewrigspyn en spierpyn veroorsaak. Naarheid en braking kan wel voorkom. Ventilasie is daarom baie noodsaaklik, maar ek stel voor dat julle nie in die omgewing werk tot en met die werk voltooi is nie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement