advertisement
Question
Posted by: Adele Cilliers | 2010/10/04

Goeie raad maar hoe?

Goeiedag.
Eis n mamma van 2 kindertjies 3jaar en 1jaar, maar saam met hul vreugde het ek 20kg ook opgetel. 10kg daarvan het ek na baie baie harde oefening en baie water verloor maar daardie laaste 10kg sit asof hulle nooit gaan wegraak nie. Ek het die volgende raad gekry: Baie water, oefen, sny stysel, koolidrate en suiker. Die eerste twee is maklik dit doen ek al die afgelope jaar en daarom wil ek die laaste 3 probeer.

Die probleem is brood is vir ons die maklikste om vir middag ete voor te berei agv van tyd en ons is mal oor aartappels en pasta
ek weet eintlik nie hoe om kos daar sonder te maak nie, hoe kan ek dit in my leefstyl in werk sonder om die res van die gesin te benadeel. Hoeveel daarvan is teveel.

Suiker kan ek nogal sny omdat ons nie baie lief vir soetgoed is nie maar ek drink 1 na 2 koppies koffie n dag met twee suiker per koppie, gaan dit n verskil maak?

Baie dankie byvoorbaat.
Adele

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Adele
Baie geluk met die verlies van daardie eerste 10 kg - mooi gedaan. Ek stem egter nie saam met die 'goeie' raad wat jy ontvang het om alle koolhidrate uit jou dieet te sny nie. Kyk bietjie na die lae-vet, hoë-vesel dieet op hierdie Webwerf (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'). Hierdie dieet sal ook gewigsverlies veroorsaak, sonder dat jy alle koolhidrate hoef te vermy. Die raad oor die oefen is goed - probeer om elke dag vir ten minste 30 min 'n aërobiese oefening te doen (bv. touspring, fietsry, hardloop, swem, ens). Moet ook asb nie te veel water drink nie. Volwassenes behoort nie meer as 2,5 liter Vloeistof per dag in te neem nie (dit sluit alle vloeistowwe in - koffie, tee, water, vrugtesap, ens), omdat as mens te veel vloeistof inneem, kan jy sg. elektroliete (kalium en natrium, en selfs kalsium en magnesium) verloor en so jou elektrolietbalanse versteur wat ook weer negatiewe gevolge kan hê. Hou matigheid voor oë!
Sterkte met die volgende 10 kg
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/04

Beste Adele
Baie geluk met die verlies van daardie eerste 10 kg - mooi gedaan. Ek stem egter nie saam met die 'goeie' raad wat jy ontvang het om alle koolhidrate uit jou dieet te sny nie. Kyk bietjie na die lae-vet, hoë-vesel dieet op hierdie Webwerf (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'). Hierdie dieet sal ook gewigsverlies veroorsaak, sonder dat jy alle koolhidrate hoef te vermy. Die raad oor die oefen is goed - probeer om elke dag vir ten minste 30 min 'n aërobiese oefening te doen (bv. touspring, fietsry, hardloop, swem, ens). Moet ook asb nie te veel water drink nie. Volwassenes behoort nie meer as 2,5 liter Vloeistof per dag in te neem nie (dit sluit alle vloeistowwe in - koffie, tee, water, vrugtesap, ens), omdat as mens te veel vloeistof inneem, kan jy sg. elektroliete (kalium en natrium, en selfs kalsium en magnesium) verloor en so jou elektrolietbalanse versteur wat ook weer negatiewe gevolge kan hê. Hou matigheid voor oë!
Sterkte met die volgende 10 kg
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement