advertisement
Question
Posted by: Turf | 2012/02/15

Goeie en slegte nuus

Hi Dr Anrich

Dankie vir die antwoord op my laaste vraag. Ek was op die nippertjie om vir ''n 2de opinie te gaan by ''n ander Ortopeed en dit is net toe wat ek gister besluit om weer te probeer loop op my voet.

Ek gebruik nou al meer as 24 uur nie meer die kruk nie en trap plat op my voet met volle gewig. Die steekpyn is weg en ek kan volle gewig op die area van die sesamoids sit. Ek loop nog klein bietjie snaaks want sodra ek die tone, en veral die groottoon, buig in die loop, is dit nogal seer en alles trek styf, veral onder die groottoon (hierdie deel is nogal seer ook). Die groottoon pyn ook as ek hom onder toe buig.

Ek neem in ag dat ek nou vir beina 7 weke nie op my voet geloop het nie en dat alles seker so sal voel, maar dit sal sekerlik met tyd regkom. Al manier om te verseker alles rek weer en keer terug na normaal is seker om heeltemal normaal te loop of dit nou seermaak of nie? Ek is nie seker hoe om die groot toon tendon te rek nie. Net nog ''n bietjie bekommerd oor die seer trek-gevoel onder hom.

Groetnis

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Turf

Strek die tendon deur plat op jou voet te staan.

Sterkte



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement