advertisement
Question
Posted by: Desirè  | 2012-11-05

Glucophage en herbex druppels

Geagte Dokter.
Ek is insulien weerstandig en gebruik Glucophage, ek wil asb net weet of ek glucophage saam met herbex druppels kan gebruik?
baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Desire
Ek sal nie aanraai dat persone wat Glucophage neem dit saam met enige ander middels gebruik nie. Indien die Herbex druppels kruie or ekstrakte bevat wat potensieel ook op jou bloedsuiker inwerk, dan mag jy hipoglisemies episodes ervaar wat baie onaangenaam, en selfs gevaarlik kan wees. As jy aan insulienweerstandigheid ly dan is dit absoluut essensieel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes, en ook sal help met gewigsverlies. Die kombinasie van 'n lae-vet, lae-GI-dieet en oefening sal nie net jou bloedsuikervlakke beheer nie, maar ook sorg vir verslanking. Alle oefening, maar veral kardio-oefening, soos flink stap, swem, fietsry, en touspring help om bloedsuikervlakke en insulien te stabiliseer. Vra jou dokter watter soort oefening jy mag doen en probeer dan om ten minste 30 minute per dag aan oefening te spandeer.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement