advertisement
Question
Posted by: Erna | 2008/08/20

Glanzmann' s thrombasthenia

My suster se dogtertjie is gediagnoseer met " Glanzmann' s thrombasthenia " . Sy is al raadop met die kind wat so bloei. Ons bly in Pretoria.

Wat kan ons vir haar doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Erna
Dit is 'n resessiewe oorerflike of soms outo-immune siekte waar sy nie 'n sekere stollings faktor het om haar te help om bloeding te stop nie. Haar bloedplaatjies kan nie normaal werk nie. Behandeling is herhaalde bloedplaatjie oortappings maar hulle ontwikkel soms antiliggame teen die oortappings. Daar is 'n middel wat kan help om bloedings te voorkom (Novo 7) dit is egter baie duur >R7000 'n ampule en word net gebruik as hulle allergies word vir oortappings. Dr Johannes Opperman by Pretoria Akademiese hospitaal is 'n kenner in bloedingsiektes Tel 012 421 2082.
Hoop dit help!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement