advertisement
Question
Posted by: MC | 2008/12/09

GILLIAN BARRE

Beste Dr Bets
Ek het 9 jaar gelede Gillian Barre gekry net nadat ek die griep inspuiting ontvang het. Op daardie stadium het die spesialiste en dokters gese dit het van my voete na my heupe beweeg en ek was gelukkig want dit het daar gestop. Ek was ' n kranige sportvrou maar nodeloos om te se het die reflekse in my bene verloor. My probleem is egter, dis nou al amper 10 jaar en ek sterf van pyn in my bene. Dit strek op tot in my heupe - ek is moedeloos - soms raak ek in die nag wakker en gaan sit in ' n warm bad, dat die pyn net bedaar. Ek gebruik Afrika Aartappel kapsules, ' n mens kom nie agter dat dit werk nie tot jy dit ophou gebruik, dan krul ek behoorlik van die pyn. Dis moeilik om gemoedelik en gelukkig voor te kom indien ' n mens voortdurende pyn in jou ledemat beleef elke sekond van die dag. Ek is nou 45 en dit voel of dit al erger word. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Alle internet artikels skep ' n donker prentjie van NIKS wat daarvoor werk nie. Kan u my help - ek is al te bang om in die aand te gaan le, want die pyn hou my wakker.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo MC
Het jy al 'n neuroloog gesien oor die pyn? Middels soos Gabapentien, Tryptanol of Carbamazepine kan baie help want eintlik is dit abnormale boodskappe wat jou brein kry. Hulle kan ook van die senuwees blok wat die pyn seine stuur. Die beste sou wees om eintlik maar 'n pyn kliniek te besoek want hulle spesialiseer met "difficult" pyne! Laat weet my of jy reggekom het?
Mayoclinic, Johannesburg 011 475 8185
Grootte Schuur Tygerberg
St Luke's hospice 021 945 2206
Westville hospital 031 265 1212
Addington hospital 031 327 2495
Medsen pain clinic Kimberley 053 832 2822
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: ESTELLE | 2009/01/12

NEED TO KNOW MORE OF GILLIAN BARRE

Reply to ESTELLE

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement