advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2008/06/25

GI

Kan u my asseblief sê wat die GI van Weetbix is asook die KJ inhoud van 2 blokkies geëet met vetvrye melk en geen suiker. Ek sal ook graag wil weet hoe Weetbix se vesel inhoud vergelyk met byvoorbeeld All Bran Flakes en ProNutro.

Ek het in die media gesien dat Albany 'n nuwe Lae GI wit- en bruinbrood het. Is dit gesond om die Lae GI witbrood te eet aangesien ons nie die bruinbrood in ons winkels te koop kry nie. Hoe lyk die vesel inhoud van die brood?

Ek hou daarvan om soms semelbeskuit te eet. Is dit gesond en wat is die KJ inhoud min of meer per stukkie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anoniem
Volgens die "SA Glycemic Index Guide" het Weet-Bix 'n hoë GI. Die SA Voedseltabelle lys die kJ-inhoud van Weet-Bix as 1439 kJ/100g en van vetvrye melk as 146 kJ/100 ml. Jy sal dus die 2 koekies Weet-Bix moet weeg en die hoeveelheid melk wat jy gebruik afmeet en dan bereken hoeveel kJ dit bevat. Die veselinhoud van Weet-Bix word gelys as 12.1g/100g, terwyl All Bran 19,0g vesel/100g en Great Start Pro-Nutro en Heelgraan Pro-Nutro onderskeidelik 17.5 g en 22.4 g vesel/100g bevat. Om te vergelyk hoeveel vesel jy inneem van die verskillende ontbytgrane, moet jy eers 'n gebruiklike porsie van elkeen weeg en dan uitwerk hoeveel vesel dit vir jou verskaf. Die "wit" lae-GI brood van Albany is met 'n spesiale proses vervaardig wat vir jou die voedingstowwe van 'n 'bruin' lae-GI brood gee, sonder die kleur - eintlik baie slim. Ek het nog nie die voedingstofsamestelling van die Albany lae-GI brood gesien nie, maar die veselinhoud behoort op die etiket te verskyn. Volgens die SA Voedseltabelle bevat tuisgemaakte beskuit wat bv. All Bran, rosyntjies en karringmelk bevat, 1866 kJ/100g en het 'n veselinhoud van 5.1g/100g. Jy sal jou stukkies moet weeg en dan bereken hoeveel kJ dit vir jou verskaf. Vergeleke met wit karringmelk beskuit, is dit gesonder om semelbeskuit te eet aangesien dit meer vesel bevat en 'n lae-GI het .
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement