advertisement
Question
Posted by: Marlene | 2012-10-11

Gewigtoename

Middag

Ek sukkel om gewig te verloor maak nie saak of ek low GI,weigh less eet of net sommer gesonde lae diet nie.Ek het hoe lwerfunksies en dis of al die gewig wat ek optel net op my boude heupe en maag kom sit.
Ek weeg al 83kg en is 1.68m lank en is 47j oud..EK is ook nooit dieselfde gewig nie.Maar ek word al hoe swaarder.
Doen my huiswerk self en werk van die huis af.So ek is altyd aan te beweeg.
Het drie maande terug galblaas operasie gehad en ''n dag na die operasie vreeslike pyne begin kry.Onder my regte rib trek dan oor na my die anderkant toe oor die bokant van my maag.
Ht die pyne so elke 6 of 7 dae gekry maar vandg het ek sommer al 2 gekry hou vir so 7-10min. aan.Het dit nie gehad voor die opersie nie.

Wat die diet storie betref wou ek aansluit by Dr.Cohen se diet maar is afgekeer oor my lewerfunksies.
Ek is raadop met my gewig.

Dankie vir die antwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marlene
Ek is jammer om te verneem van al die gesondheidsprobleme wat jy tans ondervind. Ek dink dit is eerstens uiters belangrik dat jy terugkeer na die mediese dokter wat jou galblaasoperasie gedoen het sodat hy/sy kan bepaal wat die vreeslike pyne veroorsaak. Dit is die eerste prioriteit aangesien jy nie op 'n verslankingsdieet kan gaan of oefeninge kan doen as jy gedurig aan sulke erge pyn ly. Sodra jy minder pyn het en/of beter voel, sal ek aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n gebalanseerde, lae-vet verslankingsdieet wat nie jou lewerfunksies sal verhoog nie. Vra die dokter en die dieetkundige wanneer jy kan begin met oefeninge soos fietsry, swem of flink stap vir ten minste 30 min per dag. Die werk by die huis is goed en keer dat jy addisionele gewig optel, maar om te verloor, en na 'n normale BMI van 24 (gewig van 67 kg, dus 'n verlies van 16 kg) terug te keer, behoort jy ook elke dag ag. aërobiese oefening te doen.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-10-12

Beste Marlene
Ek is jammer om te verneem van al die gesondheidsprobleme wat jy tans ondervind. Ek dink dit is eerstens uiters belangrik dat jy terugkeer na die mediese dokter wat jou galblaasoperasie gedoen het sodat hy/sy kan bepaal wat die vreeslike pyne veroorsaak. Dit is die eerste prioriteit aangesien jy nie op 'n verslankingsdieet kan gaan of oefeninge kan doen as jy gedurig aan sulke erge pyn ly. Sodra jy minder pyn het en/of beter voel, sal ek aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n gebalanseerde, lae-vet verslankingsdieet wat nie jou lewerfunksies sal verhoog nie. Vra die dokter en die dieetkundige wanneer jy kan begin met oefeninge soos fietsry, swem of flink stap vir ten minste 30 min per dag. Die werk by die huis is goed en keer dat jy addisionele gewig optel, maar om te verloor, en na 'n normale BMI van 24 (gewig van 67 kg, dus 'n verlies van 16 kg) terug te keer, behoort jy ook elke dag ag. aërobiese oefening te doen.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement