advertisement
Question
Posted by: Lin | 2010/09/10

Gewigtoename

Ek is 26 jaar oud, is 1.72m lank en weeg 46kg. Ek weet u gaan vir my sê  ek weeg te min vir my lengte, maar ek wil eerder vir u iets anders vra.

Ek het die afgelope 5 maande ongeveer 3kg opgetel. My dieet het nie veel verander nie. Ek eet meestal ''n vrug en yogurt vir ontbyt, yogurt vir middagete en groente in die aand. Tussendeur peusel ek aan droë  vrugte en ryskoekies.

Ek kan nie vasstel wat laat my gewig optel nie. Maar ek het ook 5 maande gelede folic acid pille begin drink omdat iemand vir my gesê  het dit sal help dat my hare groei vir my troue. Ek drink soms 4 pilletjies op ''n slag. Kan dit op ''n manier moontlik wees dat die folic acid ''n bydrae kan hê  tot my gewigstoename?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Inderdaad stem ek saam dat jy gans te min weeg! Jou huidige BMI = 15,5 wat in die anorektiese reikwydte val. Om net weer binne die normale reikwydte (BMI - 18-25) te val met 'n ideale BMI van 22, behoort jy 65 kg te weeg, m.a.w. 19 kg meer! Ek dink dit is moontlik dat jou gewigstoename van 3 kg die gevolg is van voedingsgebreke (yster, sink, omega-3, proteïen, ens) en dat dit moontlik waterretensie veroorsaak (dus weeg jy meer, maar ek twyfel of jy enige vet opgetel het). Daarbenewens kan stres (voor die troue) ook bydra to waterretensie en haarverlies. Die foliensuur sal nie jou gewig laat toeneem nie. Indien jy besig is om hare te verloor (?) sal ek jou aanraai om jou bloedystervlakke te laat toets deur jou mediese dokter aangesien jy waarskynlik aan yster-gebrek bloedarmoede ly (dit is een van die hoof redes hoekom mense hare verloor). Vir jou eie gesondheid veral nou dat jy op trou staan, wil ek jou aanmoedig om asb. 'n geregistreerde dieetkundige te spreek (besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal jou help met 'n normale gebalanseerde dieet wat hopelik jou voedingsgebreke sal laat verbeter.
Sterkte vir die troue
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/09/11

Beste Lin
Inderdaad stem ek saam dat jy gans te min weeg! Jou huidige BMI = 15,5 wat in die anorektiese reikwydte val. Om net weer binne die normale reikwydte (BMI - 18-25) te val met 'n ideale BMI van 22, behoort jy 65 kg te weeg, m.a.w. 19 kg meer! Ek dink dit is moontlik dat jou gewigstoename van 3 kg die gevolg is van voedingsgebreke (yster, sink, omega-3, proteïen, ens) en dat dit moontlik waterretensie veroorsaak (dus weeg jy meer, maar ek twyfel of jy enige vet opgetel het). Daarbenewens kan stres (voor die troue) ook bydra to waterretensie en haarverlies. Die foliensuur sal nie jou gewig laat toeneem nie. Indien jy besig is om hare te verloor (?) sal ek jou aanraai om jou bloedystervlakke te laat toets deur jou mediese dokter aangesien jy waarskynlik aan yster-gebrek bloedarmoede ly (dit is een van die hoof redes hoekom mense hare verloor). Vir jou eie gesondheid veral nou dat jy op trou staan, wil ek jou aanmoedig om asb. 'n geregistreerde dieetkundige te spreek (besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal jou help met 'n normale gebalanseerde dieet wat hopelik jou voedingsgebreke sal laat verbeter.
Sterkte vir die troue
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.