advertisement
Question
Posted by: Rene | 2011-11-09

Gewigsverlies vs " strong mind" 

Ek moet ongeveer 10kg verloor. My oortollige gewig is die een ding in my lewe wat my die meeste beinvloed (negatief) op ALLE vlakke van my lewe, maar ook die een ding wat ek doodeenvoudig net nie onder die knie kan kry nie. Ek weet presies watter gesonde eetplan ek moet volg, wat goed gebalanseerd is, maar in my kop kan ek net nie deurdruk nie. Hoe kry ek hulp hiervoor. Ek is moeg om elke keer voor te begin.
Ek oefen 5-6 dae per week ''n kombinasie van gewigte en kardio.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Rene
Indien jy so sukkel met die regte motivering om op 'n gebalanseerde verslankingsdieet te bly, dan sal motiverings-DVDs moontlik jou 'mind set' reg instel. Besoek: www.innertalk.com of www.motivators.co.za vir die kontakbesonderhede van organisasies wat sulke selfmotiveringshulpmiddels verkoop. Andersins sal dit 'n goeie idee wees om 'n kliniese sielkundige te spreek sodat hy/sy vir jou kan help om jou gesteldheid te verander. Jou huisarts sal jou kan verwys na 'n plaaslike kliniese sielkundige
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Grietjie | 2011-11-16

Join the club! Ek het ook net 10 kg om te verloor maar kry dit net eenvoudig nie reg nie. Weet ook presies wat ek moet en nie moet doen nie. Sus maar my gewete deur elke dag 45 minute te oefen. My groot probleem is naweke! Dan gooi ek als oorboord! Ek en hubby eet uit en braai en drink wyn by die bottels om te vergeet van die week se stres. Elke liewe Maandag begin ek weer van vooraf! Selfde storie oor en oor soos ''n grammofoon plaat wat vasgehaak het. Het al laas week vir my die Nuwe Jy boek gaan koop .. nie verder as die 3de dag gekom nie! Ek moet net eenvoudig my kop gedraai kry en my lewenswyse totaal verander ... maar HOE???

Reply to Grietjie
Posted by: Irah-Blu | 2011-11-10

Hi Rene

Ek weet presies waarvan jy praat! Ek het maar eenvoudig geleer om stadig maar seker my eetgewoontes te verbeter, myself elke nou en dan te bederf met ''n klein tjokkie en te aanvaar dat die proses dalk langer gaan neem as wat ek sou wou gehad het, maar as ek dit doen op die regte, ongelukkig " stadige"  manier, sal die resultate blywend wees.
Sterkte!

Reply to Irah-Blu
Posted by: DietDoc | 2011-11-09

Beste Rene
Indien jy so sukkel met die regte motivering om op 'n gebalanseerde verslankingsdieet te bly, dan sal motiverings-DVDs moontlik jou 'mind set' reg instel. Besoek: www.innertalk.com of www.motivators.co.za vir die kontakbesonderhede van organisasies wat sulke selfmotiveringshulpmiddels verkoop. Andersins sal dit 'n goeie idee wees om 'n kliniese sielkundige te spreek sodat hy/sy vir jou kan help om jou gesteldheid te verander. Jou huisarts sal jou kan verwys na 'n plaaslike kliniese sielkundige
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement