advertisement
Question
Posted by: Joey | 2012/05/07

Gewigsverlies en voorskrif tablette

Ek het in die afgelope 18 maande 12kg opgetel.
Ek was van 40 jarige ouderdom nooit vreeslik aktief nie, maar het altyd, tot op 56 maklik op my ideale gewig van 58kg gebly.
Ek is 60, weeg 72kg en is 1,65m. Kan dit as gevolg van voorgeskrewe tablette wees?

CynGen 60
Adco Simvastatin 10mg
Adco Bisocor 5 mg

Groete,
Joey.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Joey
Volgens my kopie van MIMS, word gewigstoename en -verlies as newe-effekte vir Cymgen gelys. Vir albei Adco Simvastatin en Adco Bisocor word gewigstoename as moontlike newe-effekte gelys. Dit is dus moontlik dat die medikasies wat jy tans neem, bygedra het tot jou gewigstoename. Jou huidige BMI = 26,5, wat bokant die normale reikwydte van 18-25 is. Dit is uiters belangrik om NIE jou medikasies te staak nie. Gesels asb met die voorskrywende dr(s) oor hierdie gewigstoename en vra vir hulle of dit moontlik is om miskien die medikasies aan te pas. Sulke veranderings kan alleenlik onder die toesig van jou geneesheer plaasvind. Vra ook die geneesheer of jy aan ligte oefening kan deelneem, soos bv om 'n entjie te gaan stap elke dag. Moet ook asb Nie begin oefen nie indien jou dokter dit nie goedkeur nie! Vra die dr watter soort oefening jy mag doen en vir hoe lank elke dag. Omdat jy blykbaar 'n probleem met jou hart het, sal dit raadsaam wees om 'n geregistreerde dieetkundige te raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-cholesterol dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou bloedvetvlakke kan bekamp en ook gewig sal kan verloor. Klik op 'Diet & Nutrition', 'Food as Medicine', en 'Healthy heart', om meer te lees oor lae-vet-diëte.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/05/08

Beste Joey
Volgens my kopie van MIMS, word gewigstoename en -verlies as newe-effekte vir Cymgen gelys. Vir albei Adco Simvastatin en Adco Bisocor word gewigstoename as moontlike newe-effekte gelys. Dit is dus moontlik dat die medikasies wat jy tans neem, bygedra het tot jou gewigstoename. Jou huidige BMI = 26,5, wat bokant die normale reikwydte van 18-25 is. Dit is uiters belangrik om NIE jou medikasies te staak nie. Gesels asb met die voorskrywende dr(s) oor hierdie gewigstoename en vra vir hulle of dit moontlik is om miskien die medikasies aan te pas. Sulke veranderings kan alleenlik onder die toesig van jou geneesheer plaasvind. Vra ook die geneesheer of jy aan ligte oefening kan deelneem, soos bv om 'n entjie te gaan stap elke dag. Moet ook asb Nie begin oefen nie indien jou dokter dit nie goedkeur nie! Vra die dr watter soort oefening jy mag doen en vir hoe lank elke dag. Omdat jy blykbaar 'n probleem met jou hart het, sal dit raadsaam wees om 'n geregistreerde dieetkundige te raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-cholesterol dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou bloedvetvlakke kan bekamp en ook gewig sal kan verloor. Klik op 'Diet & Nutrition', 'Food as Medicine', en 'Healthy heart', om meer te lees oor lae-vet-diëte.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.