advertisement
Question
Posted by: Delene | 2008/12/08

Gewigsverlies en medikasie

Ek het AF en drink die volgende: Warfarin, Cozaar, Hexarone, Puresis en Kalium. Ek volg die Weighless eetplan tot die laaste letter (gram) maar vind dat ek geweldig stadig gewig verloor. Ek lees dat van hierdie pille die skildklier se werking laat afneem - kan dit die rede vir my stadige metabolisme en gewigsverlies wees? Ek was al vantevore op die eetplan en het wonderlike resultate op gesonde manier ervaar. Nou tel ek sommer ,2Kg op in een week. Na hierdie naweek wys die skaal alweer 1,5 kg toename - en soos genoem, ek is ' n " all or nothing dieter"  en hou absoluut by die reë ls. Lig my asb in aangesien ek nie beplan om op te hou voor ek doelgewig bereik het nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Dalene

Ek is beslis bekommerd oor die feir dat jy SO vinnig SO baie gewig optel, veral omdat jy reeds jou dieet dophou. Jy sal beslis sommer binne die volgende 5 minute jou telefoon moet optel en 'n afspraak met jou dokter moet maak.

Oor djou vraag oor jou skildklierfunksie - Amiodaroon (Hexarone) kan beslis jou sklidklierfunksie onderdruk. Die enigste manier om te sien of dit wel die geval is, is as jou dokter 'n tiroied-funksie toets sal laat doen.

Sterkte!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement