advertisement
Question
Posted by: Suzie Botha | 2009-06-25

Gewigsverlies

Ek het 2 jaar gelede ' n kollektomie gehad en wil graag ' n regte eetprogram volg. ' n Volledige kollektomie is nie gedoen, ek het omtrent 5cm van my kolon en 15cm rektum oor. Wou al by verskeie eetgroepe aansluit, maar is afgekeur agv die kollektomie.

Ek sukkel tans geweldig met gewigsverlies.

Sal dit waardeer indien u my kan verwys na die regte persoon of indien ek u self kan kom sien.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Suzie
Ek is jammer om te verneem dat jy 'n kolektomie moes ondergaan en dat die verskillende dieet programme jou nie wil akkommodeer nie. Hulle is egter korrek om dit te doen aangesien jou spesiale omstandighede eers deur 'n kliniese dieetkundige geëvalueer moet word. Die dieetkundige sal dan vir jou 'n spesiale dieetvoorskrif moet uitwerk wat jou kolektomie in ag neem, maar wel gewigsverlies veroorsaak. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind. Jy kan ook die Assosiasie vir Dieetkunde (ADSA) by: (011) 789-6621 of 789-1383 skakel om uit te vind watter dieetkundiges in jou gebied spesialiseer in kolektomie-diëte.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement