advertisement
Question
Posted by: manda | 2008/08/06

Gewigsverlies - 1 yaar verder

Hi Diet Doc

Wil darem net laat weet dat ek, 1 jaar verder, reeds 40 kg verloor het en absoluut wonderlik voel! Ek het in die begin van die jaar ook met jou gesels maar hierdie is haas ongelooflik en by tye sukkel ek om dit te aanvaar as ek in die spieel kyk. Met byna geen oefening nie, maar met hulp van BO, nadat al die emosionele lewens issues uitgesorteer is, is ek reeds soveel in gewig en laste ligter. Hou vir my duim vas want ek wil/moet nog 35 kg verloor - en ek sien uit daarna! Jammer ek kon nie aan biggest loser deelneem nie nê .

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Best Manda
Dankie vir die terugvoer. Ek wonder dikwels hoe dit met my Lesers gaan. Jy is 'n skitterende ****ster**** - om 40 kg te verloor is absoluut wonderlik en ek is so bly vir jou part. Jy sal sien dat jy ook die volgende 35 kg verloor deur te volhou met jou dieet en vasberadenheid.
Mooi gedaan!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Beste Sanet en Help | 2008/08/12

Ek doen regtig nie veel oefeninge nie MAAR ek moet by sê  dat die nagevolge baie ernstig op die lyf wys want ek sit met ongelooflike , ekskuus, pap rolle en dinge wat moet goed lyk, lyk op hierdie stadium sleg. In so '  n mate dat ek verseker vir ' n tummy tuck en so meer sal moet gaan wanneer ek klaar is. Ek is by ' n dieetkundige en hierdie was ' n alghele life style change. Ek maak nie 2 stelle kos nie en eet wat die res van die gesin eet maar in my pories. Let wel : ek het altyd net 1 keer op ' n dag geeet in dit was in die aand en dan het ek gaan slaap. Nou eet ek maksimum 6 minimum 5 keer ' n dag en die metabolisme is aan die rol. Ek self staan verstom en my brein sukkel om hierdie vinnige verlies van gewig te verwerk! Moet by sê  dat ek moeite doen om elke aan my kossies gaar te maak en die tassie met al die vrugte ens te pak vir die volgende dag by die werk. Ouens dit werk! EN ek lei nie honger nie.

Reply to Beste Sanet en Help
Posted by: Help | 2008/08/11

Mada, baie geluk !
Ek sal waardeer indien jy kan antwoord op die vraag.
Ek het ook baie om te verloor, maag agv ongelooflike stres
kan ek net nie by `n gesonde eetplan bly nie. Alhoewel ek twee
keer `n week pluimbal speel gaan dit net nie beter nie. Hoe meer
ek stres hoe meer wil ek eet ! Die stres faktor het ek nie beheer oor nie, en weet nie wanneer dit gaan verbeter nie. Ek is so moedeloos.

Reply to Help
Posted by: Sanet | 2008/08/08

Manda, ek sien jy het so baie gewig verloor - SONDER OEFENING - het ek reg gelees? Indien jy nie omgee as ek vra nie, hoe het jy dit gedoen? Ek is nie juis ' n ' oefen'  mens nie, so om so iets te hoor is ' n inspirasie vir my! Baie baie sterkte met die volgende 35 kg!

Reply to Sanet

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement