advertisement
Question
Posted by: Lin | 2010/06/28

Gewigstoename

Ek''s 1.72m lank en het tot ''n maand gelede 43kg geweeg. Die afgelope maand het my gewig toegeneem tot tussen 45 en 46kg! My eetplan is basies dieselfde: Ontbyt - jogurt en ''n vrug, ''n vrug vir ''n snack, jogurt vir middagete en groente vir aandete. Soms wissel dit, maar ek probeer daarby te bly. Ek eet op die meeste ''n 1/4 koppie droe vrugte elke dag - gewoonlik in die oggend as ek opstaan en voor ek gaan slaap (saam ''n ryskoekie). Ek drink ongeveer 4 koppies koffie en 1liter water elke dag. Ek gebruik net versoeter en eet so 10 jellybeans elke dag as ''n ''treat''.

Ek het die afgelope ruk ''n bietjie meer gepeusel, maar oefen steeds ten minste 30min elke dag (trap fiets of stap). Wat kon moontlik my gewigstoename veroorsaak het?

PS My ring sit stywer so ek weet nie of dit dalk waterretensie is nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Besef jy dat jou BMI van 14,5 toe jy 43 kg geweeg het, totaal anoreksies en selfs gevaarlik was? Nou dat jy 46 kg weeg met 'n BMI van 15,5 is jy steeds erg ondergewig en ek vermoed dat jy aan waterretensie ly omdat jou proteïen- en/of elektrolietbalans versteurd is as gevolg van uithongering. Jy is besig om jou gesondheid te ondermyn. Om gesond te wees, behoort jy ten minste 65 kg (BMI van 22) te weeg - dit beteken dat jy tans 19 kg ondergewig is. Ek wil ten sterkste aanbeveel dat jy DADELIK 'n kliniese dieetkundige sal spreek sodat sy/hy jou uithongeringsdieet kan verbeter na 'n gebalanseerde dieet en jou sal help om al die voedingsgebreke waaraan jy waarskynlik ly (gebrek aan proteïene, yster, sink, vitamine B12, omega-3 vetsure, ens), reg te stel voordat jy in die hospitaal beland. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Kontak 'n dieetkundige so gou as moontlik, want jy is op pad om jouself baie siek te maak.
Wees asb baie versigtig
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: mandy eygelaar | 2010/09/11

Ek is 40 Ek sukkel met oorgewig en hou baie water terug help asb

Reply to mandy eygelaar
Posted by: Lin | 2010/06/29

Baie dankie vir die raad. Ek sal beslis ''n dieetkundige gaan sien, want ek weet diep binne my het ek eintlik hulp nodig.

Reply to Lin
Posted by: DietDoc | 2010/06/28

Beste Lin
Besef jy dat jou BMI van 14,5 toe jy 43 kg geweeg het, totaal anoreksies en selfs gevaarlik was? Nou dat jy 46 kg weeg met 'n BMI van 15,5 is jy steeds erg ondergewig en ek vermoed dat jy aan waterretensie ly omdat jou proteïen- en/of elektrolietbalans versteurd is as gevolg van uithongering. Jy is besig om jou gesondheid te ondermyn. Om gesond te wees, behoort jy ten minste 65 kg (BMI van 22) te weeg - dit beteken dat jy tans 19 kg ondergewig is. Ek wil ten sterkste aanbeveel dat jy DADELIK 'n kliniese dieetkundige sal spreek sodat sy/hy jou uithongeringsdieet kan verbeter na 'n gebalanseerde dieet en jou sal help om al die voedingsgebreke waaraan jy waarskynlik ly (gebrek aan proteïene, yster, sink, vitamine B12, omega-3 vetsure, ens), reg te stel voordat jy in die hospitaal beland. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Kontak 'n dieetkundige so gou as moontlik, want jy is op pad om jouself baie siek te maak.
Wees asb baie versigtig
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement