advertisement
Question
Posted by: sam | 2012/06/14

gewigs verlies

Hallo Dokter, ek is 28 en omtrent 45kg oorgewig. ek het by dieetprogramme al aangesluit en volg dit tot op die punt en verloor geen gewig nie. Ek gebruik geen medikasie nie. Waar kan ek begin om agter te kom hoekom ek nie verloor nie. Ek is nie insulien weerstandig nie en my skildklier werk reg, wat anders kan keer dat ek gewig verloor. Wat kan dokter aanbeveel wat my sal help om die gewig op n gesonde manier te verloor, want as ek n dieetkundige gaan sien en ek verloor nie gewig nie, dan se hulle, hulle weet nie verder nie. ek probeer werklik hard maar dit voel asof die gewig met superglue vas geplak is. is daar ander toetse wat ek my dokter voor moet vra of enige iets wat ek kan doen. Enige terugvoering sal waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sam

Konsulteer jou dokter om vas te stel of jy metaboliese sindroom het of nie. Die kriteria vir metaboliese sindroom is soos volg:

* Verhoogde bloeddruk
* Verhoogde cholesterol
* Verhoogde triglycerides
* Verhoogde vastende glukose
* 'n Middel met 'n omtrek van meer as 80 cm

Indien jy wel metaboliese sindroom het, kan dit behandel word met Glucophage XR 500mg, twee maal per dag.

Let ook asseblief daarop dat jy alle suiker uit jou dieet moet sny en dat jy ten minste 45 minute per dag kardiovaskulere oefening moet doen om gewig te verloor. 'n Goeie slaappatroon is ook baie belangrik vir gewigsverlies (ten minste 8 uur per nag, sonder enige onderbrekings).

Groete





Dr Anrich





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement