advertisement
Question
Posted by: Gerda | 2010/01/22

Gewigs probleem

Goeie dag Dr

My seun van 10 jaar tel gewig op. Hy is baie aktief, maar neem nie aan sport deel nie. Ek is baie bekommerd oor sy gewig. Ek probeer om hom gesond te laat eet, hy is baie lief vir slaai en ook vrugte. Wat moet ek doen? Is daar ' n spesifieke dieet wat ek vir hom gee.

Kan u my asseblief help?

Vriendelike groete

Gerda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Gerda
Omdat jou seun onder die ouderdom van 18 jaar is, sal ek ook vir jou aanbeveel om 'n kliniese dieetkundige te spreek want dit is essensieel dat die dieetkundige vir julle 'n dieet uitwerk wat jou seun sal help verslank, maar tog nog al die nodige voedingstowwe bevat sodat jy normaal kan groei en ontwikkel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die tweede aspek wat julle sal moet aanspreek, is dat jou seun elke dag vir ten minste 30 minute aan 'n aktiewe soort oefening sal moet deelneem (bv. touspring, fietsry, hardloop, swem, ens), al neem hy nie aan 'n georganiseerde sport deel nie. Deskundiges meen dat gereelde daaglikse oefening besonder belangrik is wanneer mens kinders wil help om gewig te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/01/22

Beste Gerda
Omdat jou seun onder die ouderdom van 18 jaar is, sal ek ook vir jou aanbeveel om 'n kliniese dieetkundige te spreek want dit is essensieel dat die dieetkundige vir julle 'n dieet uitwerk wat jou seun sal help verslank, maar tog nog al die nodige voedingstowwe bevat sodat jy normaal kan groei en ontwikkel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die tweede aspek wat julle sal moet aanspreek, is dat jou seun elke dag vir ten minste 30 minute aan 'n aktiewe soort oefening sal moet deelneem (bv. touspring, fietsry, hardloop, swem, ens), al neem hy nie aan 'n georganiseerde sport deel nie. Deskundiges meen dat gereelde daaglikse oefening besonder belangrik is wanneer mens kinders wil help om gewig te verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.