advertisement
Question
Posted by: cindy | 2008/09/25

gewigs probleem

Hi Dokter ek is 54 jr het hoë  cholostrol n aorta anurusme (lae buik area klein) n maagseer en onderaktiewe skildklier. Ek gebruik altosec 20 eltroxin 1mg en crestor10 . Ek is oorgewig sal dit raadsaam wees as ek redutill 15 gebruik saam met my medikasie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Cindy
Omdat jy aan veelvoudige mediese toestande ly waarvan sommige potensieel ernstig en gevaarlik kan wees (soos die aneurisme) en 'n spul verskillende medikasies neem, moet jy asb hierdie vraag vir jou resepterende dr vra. Dit is moontlik dat Reductil wel met een of meer van die medikasies sal reageer. As jy moet gewig verloor en aan verhoogde cholesterolvlakke ly en ook nie mag oefen nie (a.g.v. die aneurisme) dan wil ek jou aanraai om dadelik 'n dieetkundige te spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou moet bystaan om 'n dieet saam te stel wat jou cholesterol en gewig verlaag, maar nie jou liggaam te veel stres nie.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement