advertisement
Question
Posted by: Vettie | 2009-06-05

Gewig..DR help asb!

Ek is solank ek kan onthou oor gewig..my Ma se altyd ek eet te min..? Ek staan 5uur op in die week en sal dan koffie drink en beskuit of ' n peanut butter broodjie eet..dan eet ek nie weer voor vanmiddag so 4uur se kant wanneer ons aand ete eet nie..
EET EK TE MIN..? Hou my liggaam dan die kos terug en sit dit om in vet..? Ek sukkel ook met hardlywigheid. Ek loop baie maar hou nie van oefen nie omdat my borste groot is en hop en seer word..doen huis werk self.
OP SOEK NA DIEET OF RAAK SODAT EK NIE NODIG HET OM SPESIALE KOS TE KOOP NIE..MY MAN HOU NIE DAARVAN AS EK IETS ANDERS AS HY EET NIE EN HY SAL NIE DIEET KOS EET NIE..
Hy se ek is reg net soos wat ek is..
Ek voel net altyd OF EK NIE INPAS NIE EN ALTYD DIE VETSTE EEN IS WAAR ONS OOK AL GAAN..
Dink die hele tyd aan my lyf en konsentreer as ek sit by mense om al die vette toe te hou..
Het oorerflike cholesterol maar my DR reken ek het nie ' n dieet nodig nie omdat ek en my man dieselfde kos eet en sy cholesterol is 3.5..laag en ek drink 10mg pille en my cholesterol is nou normaal..verder is ek gesond! My maandstonde is elke maand op tyd en nie te seer as ek my visolie capsule drink nie..
Het nie kinders nie en het voorheen glucopage gedrink omdat hulle gese my suiker is op die grens (nie hoog nie maar hoer as normaal)
Het hardlywigheid en in lui maag..gaan nie gereeld nie.
My gewig bly dieselfde en ek het ook al gelees dat dit beter is as
wat mens gewig op tel en verloor en op en af gaan..
MAAR EK WIL DIT VIR MY DOEN..SODAT MY SELFBEELD KAN VERBETER EN EK TROTS KAN WEES OP MYSELF..
Ek is 38 jaar oud en raak dit al moeiliker om dit sonder hulp te doen het ook al baie dieet pille probeer..her onlangs die
Hoodia jel gekoop maar ek weet nie waar die beste plek is om dit aan te smeer nie..?
SAL DIE HOODIA WERK? HOE GEREELD MOET EK DIT AAN SMEER EN WAAR..?
Help asb..met wat om te eet en wat om te los ek weet die porsie grote is soos jou palm..
Drink geen alkohol nie en net 1 of op die meeste 2 koppies koffie per dag..rook ook nie..
Dankei vir DR se tyd..
Geniet die naweek..
Vettie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leserin
Dit is gewoonlik beter om wel 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet wat in 3 groter of 6 klein maaltye oor die dag ingedeel is, te gebruik, as om maaltye oor te slaan. Navorsing dui aan dat persone wat maaltye oorslaan, geneig is om dan meer in totaal te eet om te kompenseer vir die maaltyd wat nie geëet is nie. Ek wil voorstel dat jy eers 'n gewone verslankingsdieet probeer. Die lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') op hierdie Webwerf sal help met die gewigsverlies, sorg dat jou cholesterolvlakke nie toeneem nie, en a.g.v. die hoe-veselinhoud, behoort dit ook vir gereeldheid te sorg. Probeer om asb. een of ander soort oefening elke dag te doen wat nie jou borste seer maak nie, bv swem of stap terwyl jy 'n stewige 'bra' dra. Dit is belangrik om ten minste 30 min per dag so te oefen. Probeer hierdie regimen vir 4 weke en laat ons sien of jy gewig verloor, al dan nie. As jy nie gewig verloor nie, dan moet jy asb terugkeer na die dr dat hy jou weer laat toets vir insulienweerstandigheid (waarvoor jy al in die verlede Glucophage gedrink het). Mits jy wel weer neig tot insulienweerstandigheid dan moet jy asb 'n kliniese dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif uitwerk wat al hierdie probleme aanspreek. Ek sal nie die Hoodia aanbeveel nie, want die ontwikkelaar van die egte produk is nog nie klaar met die navorsing nie en die produkte wat tans beskikbaar is, is nie betroubaar nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: NIKKI | 2009-06-08

Hallo dr.
Ek sukkel vreeslik met my 7 jarige dogtertjie se gewig ons is al by ' n dieetkundige, maar na ' n maand verloor almal in die huis gewig behalwe sy. Sy probeer regtig want op 7 jaar is haar gewig al ' n vreeslike probleem vir haar. Sy het laas jaar ook net doof geword in haar linkeroor. Ons weet nou nog nie die oorsaak nie. Met die is sy toe deur allerhande toetse. Dan lyk dit vir hulle of dit ' n suikerprobleem is, of skildklier maar met verdere toetse en ook a CAT scan is daar niks fout gevind nie. Sy sukkel ook met gedurige kopseer. Ek is al regtig raadop en is bang dat sy later ' n selfbeeld probleem en dalk ook ' n eetsteurnis probleem gaan he. Haar ouer sussie is heel normaal en op haar gewig en beide ons as ouers het ook nie gewigs probleme nie.
Kan u dalk help asb?

Reply to NIKKI

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement