advertisement
Question
Posted by: hestia | 2010/11/25

gewig verlies

Goeie dag. Ek probeer tans hard om ontslae te raak van so 6kilo''s. Tans weeg ek 66kg en is 1.68m lank. Ek wil weet of ek Oats kan eet vir die oggend, ek gooi nie enige suiker by nie. Of wat sal die beste wees vir ontbyt. Gewoonlik het ek ook ''n probleem met middag ete en weet nooit regtig wat om te eet nie. Ek het onlangs draadjies gekry en dit bemoeilik nogal my keuse met wat om te eet. Ek hou van mengelslaai sonder enige sous maar ek vind dit nog pynlik om dit te eet. Enige idees wat ek kan op eet wat nie te hard is vir my tande nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Hestia
Jou huidige BMI = 23,4 wat alreeds naby die ideaal van 22 is. Indien jy nog 6 kg afval, sal jou BMI = 21,3 wees, wat alreeds neig tot die lae kant van normaal. Ek sal aanraai dat jy mik om net 4 kg te verloor. Jy kan wel hawermout met lae-vet melk of jogurt soggens eet. Maak die pap slap aan met die melk sodat jy dit maklik kan inneem sonder om jou mond met die draadjies seer te maak. Ek beveel gewoonlik nie aan dat my Lesers dieetskommels moet gebruik nie, maar jy is tans in 'n ideale situasie om wel 'Diet shakes' te gebruik totdat jou tande en mond minder pyn. Vra jou apteker vir 'n verslankende maaltydvervanging skommel (dit moet 2100 kJ per porsie bevat om gewigsverlies te bewerkstellig). Gebruik dan die skommel en as jou mond en tande herstel het, kan jy miskien die lae-vet verslankingsdieet op hierdie Webwerf probeer. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet.
Sterkte met die draadjies!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/11/25

Beste Hestia
Jou huidige BMI = 23,4 wat alreeds naby die ideaal van 22 is. Indien jy nog 6 kg afval, sal jou BMI = 21,3 wees, wat alreeds neig tot die lae kant van normaal. Ek sal aanraai dat jy mik om net 4 kg te verloor. Jy kan wel hawermout met lae-vet melk of jogurt soggens eet. Maak die pap slap aan met die melk sodat jy dit maklik kan inneem sonder om jou mond met die draadjies seer te maak. Ek beveel gewoonlik nie aan dat my Lesers dieetskommels moet gebruik nie, maar jy is tans in 'n ideale situasie om wel 'Diet shakes' te gebruik totdat jou tande en mond minder pyn. Vra jou apteker vir 'n verslankende maaltydvervanging skommel (dit moet 2100 kJ per porsie bevat om gewigsverlies te bewerkstellig). Gebruik dan die skommel en as jou mond en tande herstel het, kan jy miskien die lae-vet verslankingsdieet op hierdie Webwerf probeer. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet.
Sterkte met die draadjies!
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.