advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2010-09-16

Gewig probleem

Ek dink regtig ek het ''n probleem, maar weet nie waar om te begin nie.
Ek het al geskryf om te vra hoeveel ek moet weeg. Ek is ''n vrou, 27 jaar oud, 1.63m lank en weeg 61-62kg. Volgens my berekeninge eet ek nie so baie per dag nie. Hier is wat ek min of meer eet in ''n dag:
1 Koppie Kelloggs All Bran met klein bietjie afgeroomde melk en ''n Equal sakkie
1 Appel
1 Piesang (soms)
''n Toebroodjie (twee snye met bietjie margarien en marmite)
1 Joghurt (200KJ)
Soms verruil ek die toebroodjie vir ''n bord kos wat meestal bestaan uit ''n hoender borsie, groente, rys en aartappel

My probleem is dat as ek waag om meer as dit te eet dan tel ek dadelik gewig op en ek sien nie kans om nog gewig op te tel nie.

Aan die ander kant besef ek dat ek hopeloos te ongesond eet, maar ek is bang dat as ek meer eet ek gewig sal optel.

Waar begin ek om weer gesonde eetgewoontes aan te leer en die regte eetprogram te volg? Ek wil graag 58 of 59kg weeg, maar kry dit nie reg nie. In ons dorpie is nie ''n dieetkundige nie en die naaste een is bitter ver weg. Ek het ook nie die geld om na een toe te gaan nie.

Asseblief doc, ek is regtig moedeloos. Ek wil gesond leef en eet, maar ek weet nie hoe om te begin nie en ek dink ek het dalk my metabolisme skade aangedoen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Gewig Probleem
Ek verstaan dat dit vir jou moeilik is om by 'n dieetkundige uit te kom. As jy 61 kg weeg dan is jou BMI = 22,9 wat baie mooi is en goed binne die normale reikwydte val (18-25). Dit is dus nie nodig om nog gewig te verloor nie. Kyk tog asb na die verslankingsdiëte op hierdie Webwerf (klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'), en kies een van hulle wat jy die maklikste kan toepas. Kombineer die dieet wat jy gekies het met 30 min se aërobiese oefening (flink stap, touspring, fietsry - kies ook die oefening wat jy die maklikste kan doen) per dag. Dit behoort jou gewig binne normale perke te hou en nie tot gewigstoename lei nie. Die diëte is oor die algemeen gebalanseerd.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-09-16

Beste Gewig Probleem
Ek verstaan dat dit vir jou moeilik is om by 'n dieetkundige uit te kom. As jy 61 kg weeg dan is jou BMI = 22,9 wat baie mooi is en goed binne die normale reikwydte val (18-25). Dit is dus nie nodig om nog gewig te verloor nie. Kyk tog asb na die verslankingsdiëte op hierdie Webwerf (klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'), en kies een van hulle wat jy die maklikste kan toepas. Kombineer die dieet wat jy gekies het met 30 min se aërobiese oefening (flink stap, touspring, fietsry - kies ook die oefening wat jy die maklikste kan doen) per dag. Dit behoort jou gewig binne normale perke te hou en nie tot gewigstoename lei nie. Die diëte is oor die algemeen gebalanseerd.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement