advertisement
Question
Posted by: Jane | 2010-12-15

Gewig optel

Goeie dag, ek hoop jy kan help. Die afgelope paar maande het ek ongeveer 4kg opgetel, alhoewel ek nie baie meer geë et het nie. Ek is 1.72m lank en weeg nou 47kg.

Ek oefen elke dag (fietstrap of elliptical trainer) en loop so gereeld as moontlik en teen ''n vinnige tempo.

My broeke sit effe stywer - kan dit wees dat dit spiere ipv vet is? Ek wonder of dit nie van die oefening is nie, maar is nie seker nie.

Omdat my etery nie baie verander het nie (baie groente en yogurt en min stysel), kan dit wees dat die gewig van oefening is (meer spiere) of dalk iets anders soos hormonale wanbalans of waterretensie?

Ek trou in Januarie en wil graag die gewig voor dan weer verloor!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jane
Dit is wonderlik dat jy wel 4 kg opgetel het aangesien jou BMI = 15,9, wat darem bietjie beter is as 14,5 toe jy slegs 43 kg geweeg het, maar dit is steeds Baie Ernstig ondergewig. Ideaal behoort jy 65 kg te weeg om 'n BMI van 22 te hê! Moet dus asb nie probeer om selfs 'n enkele gram gewig te verloor nie. Ek sal voorstel dat jy na jou troue 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou gewig, eetpatrone en oefenprogram moet evalueer en jou help om gewig op te tel sodat jy nie jou gesondheid skade aandoen nie.
Alles wat mooi is vir die troue, maar kry asb hulp na die groot dag
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Jane | 2010-12-17

Baie dankie vir jou antwoord. Ek sukkel met die idee van gewig optel. Kan jy dalk ''n dieetkundige wat eetversteurings hanteer in die Johannesburg omgewing voorstel? Ek soek al lankal een, maar het nog nie een gekry nie. Ek sal jou hulp baie waardeer!

Reply to Jane
Posted by: DietDoc | 2010-12-15

Beste Jane
Dit is wonderlik dat jy wel 4 kg opgetel het aangesien jou BMI = 15,9, wat darem bietjie beter is as 14,5 toe jy slegs 43 kg geweeg het, maar dit is steeds Baie Ernstig ondergewig. Ideaal behoort jy 65 kg te weeg om 'n BMI van 22 te hê! Moet dus asb nie probeer om selfs 'n enkele gram gewig te verloor nie. Ek sal voorstel dat jy na jou troue 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou gewig, eetpatrone en oefenprogram moet evalueer en jou help om gewig op te tel sodat jy nie jou gesondheid skade aandoen nie.
Alles wat mooi is vir die troue, maar kry asb hulp na die groot dag
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement