advertisement
Question
Posted by: nicci | 2008/12/08

gewig n issue

ek is 36 jaar oud en is 1.78m lank en weeg tans76kg, ongeveer n jaar terug was dit 88kg ek het als probeer en niks het gewerk ek het net opgehou eet amper en het verloor tot 69kg maar toe weer normaal begin eet en ek tans 76kg ek is bang ek word weer die walvis van n jaar terug!!ek eet ontbyt n bakkie keloggs special K met lae vet melk dan deur die oggend miskien n vrug , middag ete lae gi brood 2 snye met ham en of kaas en tamatie, peusel later an ygurt en dan aandete op n klein bordjie nes die res van die gesin hoender met groente of maalvleis en rys of wat ookal hul eet , maar ek verloor nie gewig!!ek het tot en met die skool vakansie begin het daagliks gym toe gegan 50min kardio en dan circuit ens mar op die oomblik oefen ek maar met die basiese gewiggies tuis haat eintlik die kardio tuis want dis n fiets :) wat nerens gaan! ek het 3 kids waarvan boetie 9 is en ook effens oorgewig, is daar vir my raad of moet ek maar aanvaar ek n walvis :)))

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nicci
Jou huidige BMI = 24 wat nog goed binne die normale reikwydte val (normale BMI = 18-25) en as jy op 'n stadium 88 kg was (met 'n BMI van 27,8 wat in die oorgewig klas geval het, d.i. 25 tot 30 - maar jy was beslis nog nie 'n walvis nie!), dan is dit wonderlik dat jou gewig nou normaal is. Ek kan verstaan dat jy bang is om weer gewig op te tel, maar jy eet alreeds 'n lae-vet, lae-energie dieet en doen oefeninge (al hou jy nie daarvan nie - terloops jy kan ook gaan stap vir 30 min elke dag of swem of touspring as jy die fiets haat), dus dink ek jy moet ontspan oor hierdie gewig kwellings want hoe meer jy stres, hoe meer hormone sal jou liggaam maak soos kortisol wat weer tot gewigstoename kan lei. Ek wil ook voorstel dat jy jou mate elke week meet om te sien of jy nie dalk cm verloor, al verloor jy nie kgs nie. Vir bietjie variasie in jou dieet, kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight Loss' en kyk na die verskillende verslankingsdiëte wat beskikbaar is.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: ZZ | 2008/12/09

Nicci,
Ek sien op Finesse Mag se webblad van " Wonderdieet"  vir 21 dae en die hele gesin.
Jy sal nie walvis wees as jy die dieet mooi volg nie.
Ek sal nie daarby kan hou (te min kos) en sal jou plek as " walvis"  inneem.
Ek is manlik en 59 j, moet nou maar aanvaar, maer sal ek in my lewe nooit weer wees!

Reply to ZZ
Posted by: nicci | 2008/12/08

nagelaat om te se ek drink daagliks my water maar ook koffie met lae vet melk gn suiker, het selfs detox tee al gekoop want ek het ibs al geruime tyd

Reply to nicci

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement