advertisement
Question
Posted by: Sophia | 2010/03/22

Gewig en galblaas

Ek het 9 maande gelede ''n operasie ondergaan waar my galblaas verwyder is agv galstene. Terselftertyd het ek ook opgehou met rook. Nodeloos om te se het ek alles wat my maag hoegenaamd kon verteer by my mond ingestop om verligting te verkry van die ontrekking en " cravings"  van die ophou rook. Ek is nou finaal oor die rook-ding, maar sit nou met 14kg wat ek opgetel het. Maak nie saak watter tipe dieet ek probeer volg nie, ek kan net nie gewig verloor nie. Ek het al my lewer en niere ook ge-detoks met kruiemiddels om te sien of dit nie dalk gaan help nie. Ek is 44 jaar oud. Is dit my ouderdom wat teen my begin tel of ''n moontlike oorsaak agv die feit dat my galblaas verwyder is? My skildklier werk ook nie meer nie , het so 10 jaar gelede radio-aktiewe jodium ontvang vir ooraktiwiteit. Drink nou daagliks Eltroxin - my dosis is reeds al 150ug/dag. Enige raad of voorstelle vir my?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sophia
Ek is jammer om te verneem van jou probleme. Die feit dat jou galblaas verwyder is, behoort nie tot 'n toename in gewig te lei nie. Klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n Soektog vir die artikel "Weight gain after gallbladder ops". Rookstaking kan wel vir 'n persoon laat gewig optel as jy so baie geëet het soos wat jy noem. Jy kan ook 'n Soektog doen met 'Stopping smoking' om die inligting daaroor te bekom. Die rookstaking gekombineer met ooreet en die feit dat jou skildklier glad nie meer werk nie, is seker die 2 hoof redes hoekom jy 14 kg opgetel het. Die beste raad vir gewigsverlies is om jou energie-inname te verminder deur 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel dieet te gebruik (klik op 'Weight loss' en 'Balanced diet' om 'n voorbeeld van so 'n dieet te vind) en om elke dag ten minste 30 minute se aërobiese oefening te doen (touspring, of fietsry, of swem, of flink stap of enige ander vorm van oefening waarvan jy hou). Die oefening sal ook jou metabolisme stimuleer wat nodig is weens jou gebrek van skildklierhormoon. Probeer gerus hierdie kombinasie want dit behoort gewigsverlies aan te help.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Elsa | 2010/04/10

Wat kan jy my vertel van jodium allergie en hoe reageer mens se liggaam daarop. My ma glo vas sy is joduim allergie.Sy het bruin vlekke op haar liggaam ''ou mens vlekke''. Daar is vir haar vertel dat sy onttrekkings simptome het van joduim allergie deur die susters van die kliniek wat sy besoek.Daarom dat sy ook hart krampe kry, maar geen borskas pyn het nie.Sy drink eltroxin maar haar skild klier is nie verwyder nie, net die gewas daaraan is verwyder so 30-40 jaar gelede die gewas was onskadelik gewees. Groete Elsa

Reply to Elsa
Posted by: DietDoc | 2010/03/22

Beste Sophia
Ek is jammer om te verneem van jou probleme. Die feit dat jou galblaas verwyder is, behoort nie tot 'n toename in gewig te lei nie. Klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n Soektog vir die artikel "Weight gain after gallbladder ops". Rookstaking kan wel vir 'n persoon laat gewig optel as jy so baie geëet het soos wat jy noem. Jy kan ook 'n Soektog doen met 'Stopping smoking' om die inligting daaroor te bekom. Die rookstaking gekombineer met ooreet en die feit dat jou skildklier glad nie meer werk nie, is seker die 2 hoof redes hoekom jy 14 kg opgetel het. Die beste raad vir gewigsverlies is om jou energie-inname te verminder deur 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel dieet te gebruik (klik op 'Weight loss' en 'Balanced diet' om 'n voorbeeld van so 'n dieet te vind) en om elke dag ten minste 30 minute se aërobiese oefening te doen (touspring, of fietsry, of swem, of flink stap of enige ander vorm van oefening waarvan jy hou). Die oefening sal ook jou metabolisme stimuleer wat nodig is weens jou gebrek van skildklierhormoon. Probeer gerus hierdie kombinasie want dit behoort gewigsverlies aan te help.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement