advertisement
Question
Posted by: liesel | 2012/02/27

gewig

Goeie dag dok,

Ek is op ''n gebalanseerde lae vet dieet, ek sien ''n dieetkundige 1 keer ''n maand vir die afgelope 3 maande. tot dusver toe het ek 4 kg verloor waaroor ek baie gelukkig is maar ek verloor nie centimeters nie? daar is geen verkil wat ek aan my klere kan voel nie en ek meet myself ook so 1 keer ''n maand en alles bly dieselfde. ek is op die staduim ongelukkig daaroor dat ek voel ek wil opgee. Wat is die doel daaraan om op die skaal te kilm en bietjie minder te weeg maar die cm bly dieselfde en my klere sit dieselfde? soms verloor ek 2 kg ''n maand en ''n week later het ek weer 1 daarvan opgetel?

enige advies sal wardeur word

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liesel
Dit is vir my vreemd dat jy nie cm verloor nie, as jy wel kg verloor. Ek wil voorstel dat jy ook hierdie saak met jou dieetkundige bespreek - sy weet immers hoe streng die dieet is wat sy voorgeskryf het en ook hoeveel gewig jy poog om te verloor. Ek kan net voorstel dat jy ook oefening by jou verslankingsregimen voeg om wel die cm af te skud. Die kombinasie van 'n gebalanseerde lae-vet dieet en gereelde aërobiese oefening plus oefeninge wat spesifieke areas teiken (bv. die maag, heupe, ens), kan baie help.
Ek hou duim vas dat jy nou ook cm sal verloor.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/02/28

Beste Liesel
Dit is vir my vreemd dat jy nie cm verloor nie, as jy wel kg verloor. Ek wil voorstel dat jy ook hierdie saak met jou dieetkundige bespreek - sy weet immers hoe streng die dieet is wat sy voorgeskryf het en ook hoeveel gewig jy poog om te verloor. Ek kan net voorstel dat jy ook oefening by jou verslankingsregimen voeg om wel die cm af te skud. Die kombinasie van 'n gebalanseerde lae-vet dieet en gereelde aërobiese oefening plus oefeninge wat spesifieke areas teiken (bv. die maag, heupe, ens), kan baie help.
Ek hou duim vas dat jy nou ook cm sal verloor.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement