advertisement
Question
Posted by: Lida | 2009/12/10

Gewig

Ek het die afgelope 3 jaar omtrent 30 kilo' s verloor.Ek is van Januarie 2009 op Paxil 20mg.Die afgelope jaar het my gewig redelik gestabiliseer(ek moet nog 20 kilo' s verloor).Julie maand is my broer baie skielik oorlede, en ek kon nie cope met die situasie nie.My dokter het my paxil verhoog na 30mg ' n dag.Ek is nie meer by enige dieetkundige nie, en ek weet nie of dit net verbeelding is nie, want dit is nie asof ek nou ingestel is om gewig te verloor nie, maar ek hou my gewig baie dop.Die afgelope 3 maande sukkel ek geweldig - dit voel of ek die heeltyd gewig optel, het nou al 5 kilo' s opgetel.
Ek het op die internet gaan oplees van mense wat kla dat paxil hulle laat gewig optel.
Maar ek is nou al die afgelope jaar op dit, kan dit nou eers my gewig be-invloed?
Ek stres my dood oor my gewig - wat stel jy voor doen ek? ek wil nie weer ' n verskriklike klomp gewig optel nie, en dan moet ek weer van voor af begin nie
Kan dit moontlik die paxil wees wat my gewig be-invloed, want van die newe effekte is verlies aan eetlus, maar hoe kan jy dan gewig optel
Baie mense beveel aan dat omega 3 saam met die paxil gedrink moet word.
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lida
sommige antidepressante kan mens laat gewig optel maar Paxil is nie bekend daarvoor nie. Dit kan dalk 'n effek wees van die verhoogde dosis. Ek stel voor dat jy teruggaan op 20 mg per dag en dalk berading bysit om jou trauma te verwerk. Jy kan maar omega 3 aanvullings neem.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Johan | 2009/12/10

Lida, jy het ' n slegte tyd met die afsterwe van jou broer gehad. Dan stres jy. Dit kan jou ' n Diabeet tipe 2 maak.
Jy is bietjie oorgewig, jy wil 20 kg verloor.
Gaan vir bloedtoets om jou suiker te bepaal.
Sterkte moenie depressief wees nie en stres nie dit is nie die moeite werd maak jou net siek.

Jy kan jou Dr vir Ciplatrim vra vir gewig beheer.

Reply to Johan
Posted by: cyberdoc | 2009/12/10

Hallo Lida
sommige antidepressante kan mens laat gewig optel maar Paxil is nie bekend daarvoor nie. Dit kan dalk 'n effek wees van die verhoogde dosis. Ek stel voor dat jy teruggaan op 20 mg per dag en dalk berading bysit om jou trauma te verwerk. Jy kan maar omega 3 aanvullings neem.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement