advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/06/27

Geval!

HI Dr, hierdie is namens my sus, haar stuitjie is verwyder en 5 weke daarna moes sy dringend ''n nekfusie kry, sy sukkel geweldig met wanbalans, as sy lê  draai alles om haar en as sy dan moet opstaan val sy, het die naweek haar kop oopgeval en toe haar man haar optel het sy weer in sy arms haar bewussyn verloor, dit is mos nie normaal nie??? die dr het kortisoon voorgeskryf en sê  dit kan agv sinus wees of " kristalle"  in haar ore wat versteur raak? ek is regtig bekommerd en het aangedring dat sy moet terug na haar neuro-chirurg vir sy opinie wat haar nou gestuur het vir dringende x-strale om te sien of haar nek nie weer seergekry het nie, wat dink u? Baie dankie, ek worry my dood! Hy sê  ook sy het harsingskudding agv die harde val!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

As gevolg van die operasie is dit moontlik dat daar geringe drukking op haar spinale koord is met moontlike outonome disfunksie en gevolglike posturele hipotensie. Soos drukking en swelling verminder in die omgewing waar geopereer was, behoort haar simptome te verdwyn. Ek stel voor dat julle wag vir die uitslae van haar x-strale, aangesien ek nou net kan spekuleer oor moontlike oorsake.

Voel egter gerus om enige verdere navrae aan my te rig.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2011/06/28

Mô re Dr, baie dankie vir u terugvoer, ek dink wat u sê  maak sin, sy sê  dat daar wel nog swelling in die spiere teenwoordig is waar ge-opereer was en het weer begin met fisioterapie, ek voel sommer verlig alhoewel haar dr ook sê  dat die kristalle in haar ore wel versteur kan wees want haar oë  kon nie dit liggie wat hy beweeg het lekker volg nie, soos sy dit stel het haar oë  geflikker en op en af beweeg, hy het haar ook verwys na ONK spesialis. Weereens baie dankie, u terugvoer word so waardeer. Vriendelike groete!

Reply to Charlotte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement