advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/06/03

Geswelde voete na hospitaal

My ma is +- 3 maande gelede in die hospitaal opgeneem vir ' n bloeiende maagseer. Omdat haar yster vlakke baie laag was en agv redelike bloed verlies het sy bloedoortappings gekry. Sy het ' n reaksie gekry teen die bloed en is toe vir 2 weke in die hospitaal gehou om die reaksie onder beheer te kry. Vandat sy uit die hospitaal is het sy nou ' n probleem met geswelde en pynlike voete. ' n Probleem wat sy nog nooit van tevore gehad het nie. ' n Maand gelede het die internis vir haar waterpille gegee en gese dit sal ' n rukkie neem om reg te kom, maar na 3 maande uit die hospitaal is dit nog glad nie beter nie. Sy kan skaars loop. Enige raad wat ons kan probeer om haar weer terug op haar voete te kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anonymous
Mens moet kyk hoekom die voete so geswel is, het sy nierprobleme opgedoen ( hoe lyk haar nierfunksie toetse?), het sy tekens van hartversaking? het sy dalk limfedeem van die bene? Die oorsaak moet eers behandel word want die geswelde voete is net die gevolg van iets. As dit limfedeem is, mag sy dalk nodig hê om spataar kouse te dra en fisioterapie te kry om die sirkulasie te verbeter.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/04/13

My bene swel as ek lank sit of in 'n motor ry. Die regter been swel nou baie meer as die linker been. Kan dit limfedeem wees en wat staan my te doen?

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement