advertisement
Question
Posted by: Lurinda | 2009/01/13

geswelde maag

Goeie More dr.
Ek het ' n regte irriterende probleem.
My maag swel regtig baie groot op, dit lyk kompleet of ek tussen 5 en 6 maande swanger is.
Ek het drie kinders alreeds. My eerste seun is die jaar 7, my meisiekind die jaar 3 en my babatjie 1.
Indien ek enigiets eet swel my maag vreeslik, as ek nie eet nie vir ' n dag lank dan is my maag mooi plat. Daarom weier ek om soms vir drie dae lank te eet, tot ek amper flou word dan eet ek. As ek eier eet lyk my maag eers erg.
Ek het ook diabetes gehad met my laaste swangerskap.
Kan dr. my asb help, hoekom swel my maag so aanhoudend op. dis ' n groot selfbeeld probleem.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lurinda
Ek stel voor jy sien jou dokter - dit is waarskynlik agv uitsetting van die derm of maag ( dalk het jy 'n lewer probleem of 'n kos intoleransie of allergie, of te min verterings ensieme) Probeer intussen Pankreoflat en Probiotika met elke ete, kou en eet stadig, vermy gaskoeldrank en kougom, rook en verfynde suiker kosse.
Sien ook http://www.healthhype.com/causes-of-bloating-and-gas-flatulence.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/04/29

ek wil graag weet my maag swel op ek het baie seer dit lyk of ek op my laaste is met n swangerskap ek is 45 jaar oud was by dokter hy se ek het n waterbubbel in my maag van 20 cm by 20 cm maar weet nie wat hul wil doen nie ken u enige iets van dit waar kan ek nog heen gaan het nie mediese fonds nie kan eers weer n dr gaan sien 18 Jullie 2016 maar intussen vrek ek van pyn

Reply to Anonymous
Posted by: Lurinda | 2009/01/19

More Dr.

Baie dankie vir die reply dr.
Ek sal gaan loer by gogenoemde site. My ma vertel my dat ek ' n vergrote lewer gehad het toe ek gebore is. Ek het geelsig vreeslik erg gehad, maar wel net twee weke onder die lig gele het.
Kan dit dalk iets in gemeen he, ivm met my groot maag.

Baie dankie vir u moeite dr.
Lekker dag verder.
Lurinda

Reply to Lurinda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement