advertisement
Question
Posted by: Carina Smuts | 2013/02/13

Geswelde Limpf Kliere in armholtes

Ek het die 6de Maart 2012 gegaan vir ''n bors-sonar en het opgetel dat die limpf-kliere in beide die armholtes geswel is a.g.v. infeksie. Dr. het my op Femolene Ultra gesit saam met my Triphasel wat ek gedrink het. Oktober het die dr my van Triphasel afgehaal en op Yaz gesit. Desember het ek terug gegaan omrede ek gevoel het ek gaan mal word so seer was my borste en die kliere onder die arms. Dadelik ginekoloog toe, hy het my dadelik van die medikasie afgehaal. Getoets vir Skuldklier, melkkliere, volbloed telling en papsmeer gedoen. Alles het negatief terug gekom. Het terug gegaan na 8 weke omrede die pyn nog daar is. Was op Antibiotika en voltaren maar die simptome is nog dieselfde. Het my nou verwys na Chirurg toe. Daar is ''n geskiedenis van Borskanker in ons familie. Wat kan dit wees? Het ek rede om bekommerd te wees. Ek kan eers die 22ste Februarie by die Chirurg ''n afspraak gekry het.

Baie dankie vir hulp en raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Carina

Met 'n geskiedenis van borskanker in jou familie en die reaktiewe nodes, is daar 'n moontlikheid van borskanker, maar moet jouself nie ontstel nie en wag eerder totdat jy die sjirurg gekonsulteer het. Hy/sy sal heel moontlik biopsies van die limfkliere neem, sodat daar vasgestel kan word of dit kwaadaardig is. Daar is ander redes vir geswelde limfnodes, soos virale infeksies. Intussen kan jy Naproxen by jou apteker kry. Dit behoort goeie verligting van die pyn te bring.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/08/07

more. ek was eersgister by die dr . ek het drie kliere onder my arm en hy se my kliere in my keel ook geswel. my tong voel soos speld en naalde . hy het my op amoclan bid 1000mg gesit maar nou raak die kliere groter en seerder moet dit so wees. dankie

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement