advertisement
Question
Posted by: Sunshine | 2010/05/24

Geswelde limfkliere met abnormale simptome.

Hallo Cyberdoc!

Ek wil begin deur te se " sterkte"  - dit lyk of die hele SA met ''n klomp skete sit. Tweedens wil ek darem net dankie se dat jy hierdie hulp GRATIS aanbied - dit word regtig waardeer.

My storie:
Ek is ''n 40 jarige blanke vrou wat nog nooit kinders gehad het nie. Sowat twee jaar terug het my lewerdokter (ek het NASH) my in die hospitaal opgeneem met ''n abnormaal geswelde regterarm en naarheid. Vir die naarheid kon hy my behandel, maar geen CT scan of ultrasound kon ENIGE obstruksie bevestig wat my arm laat swel het nie. Dit het met die tyd wel gesak en ek is ontslaan.

''n Week na my ontslag terwyl ek my klere aantrek het ek ''n baie eienaardige knop reg bokant my regter skouerbeen gevoel. Dit was glad nie seer nie. Op daardie stadium was ek gepla dat ek dalk deur ''n pre-menopause fase ingaan want ek het geweldig baie gesweet - en ek het ook abnormaal oral gejeuk. Verskeie dokters later, het ek uiteindelik bloed getrek (besinkingsel telling was normaal) - en die ENT spesialis het nog 4 ander knoppe geidentifiseer. ''n CT scan later, ''n ultrasound later - geen tumors nie, en geen vergrote limfkliere nie behalwe een of twee op my maag maar nie so groot dat dit kommerwekkend is nie. My bloed uitslae bly ook vir die afgelope jaar normaal behalwe vir ''n verhoogde witbloedseltelling wat nie weggaan nie - maar weereens nie uitermate hoog nie.

Ek was baie verlig dat enige kanker (Hodgkins) uitgeskakel was en het met my lewe aanbeweeg. Daar is geen " fine needle aspiration"  op die knoppe gedoen nie, en dit is ook nie chirurgies verwyder nie. Dit is deur almal gesien as vetkliere. Die vetkliere het in die tussentyd baie groter geword, en ek sit tans met ''n golfbal grootte knop onder my regterarm (al die knoppe is regs). Ek is ook skielik geweldig moeg - meer as gewoonweg - ek het ook skielik weer erge nagsweet (so erg dat ek soms ander slaapklere moet aantrek), en ek krap myself dat die rooi hale sit.

Ek wil NIE weer deur die HELE proses gaan van bloed trek en dink iets is fout net sodat dit uitdraai dit was niks nie. Op 40 dink ek darem ek het my " iepiekonders"  ontgroei en vertrou ek my liggaam - en my liggaam is besig om my te vertel IETS is fout!

My hormoontellings is normaal, my skildklier is normaal - alles is normaal - maar WAAR kom die nagsweet en jeuk vandaan, en HOEKOM word die knoppe meer en groter? Moet ek my trots sluk en aandring op ''n biopsie, of is ek besig om iets hier te sien wat NIE daar is nie.

Ek hoor graag van jou.
Groete
Sunshine.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sunshine
Ek dink jy moet liewer die knoppe laat verwyder en vra dat hulle dit stuur vir histologie net om seker te maak dit is vetkliere.
'n Gejeuk kan wees van verhoogde bilirubien or ureum - kyk bietjie of die wit van jou oë gelerig lyk. NASH kan lewer sirrose veroorsaak. Wanneer het jy laas lewerfunksies getoets? Ek dink hulle moet ook net kyk of jou Ureum vlakke in die bloed OK is.
Verloor jy gewig?
Hulle moet ook dalk jou toets vir TB (kan TB in die kliere wees) Vra vir 'n QuantiFERON-TB toets.
Laat weet my wat die toetse sê?
Skuus ek stuur jou terug bloed toetse toe maar mens moet maar soms diep gaan krap vir die oorsaak!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Rene | 2015/08/27

I have small fatglands above my eyes. How can I get rid of this quickly?

Reply to Rene
Posted by: moedeloos | 2015/07/24

Hi ek wil graag navraag doen, my vel jeuk en slaan 'n kors uit oor my bors gedeelte heupe, boude onder arms en maag, my kliere in my nek is ook baie geswel, ek was by die dokter maar hulle weet nie wat fout is nie het bloed toetse gedoen wat normal terug gekom het, hulle het Bilirubin, Magnesium,Calcium Thyrotropi Gamma en Protein en Aspartate aminotransferase en Alanine en Erthrocyte sedimentation getoets - als is normal vir my is Antibotika en kortisoon (pulmison) gegee laasgenoemde het gehelp vir die swelsel van die kliere maar noudat dit klaar is en ek dit nie mee drink nie het die kliere nou weer begin swell en die gejeuk is baie erg in die oggend en aande deur die dag is dit nie so erg nie. ek het ook nou die week elke dag 'n hoof pyn. Ek het ook 'n pienk/bruin jelly rige afskeiding as ek afvee. dit brand nie en jeuk nie. ek weet nie meer waar om hulp te gaan soek nie, want ek weet iets is nie reg nie. kan dit nier of urine infeksie wees? ek is 41 kan dit dalk menopause wees? Ek drink nou net immunedue wat help vir die jeuk(onderdruk dit deur die dag) Baie dankie vir al die hulp wat jy vir almal gee.

Reply to moedeloos
Posted by: Annatjie | 2010/06/12

Hi, ek wil graag navraag doen, ek is oorgewig en vermoed my skildkler werk op een of ander manier nie reg, ek sukkel om gewig te verloor en my voete veral tone swel en my voete is seer, iemand het aan my genoem dat dit kan verband hou met my skildklier. Kan u my raad gee asb.

Reply to Annatjie
Posted by: Cyberdoc | 2010/05/24

Hallo Sunshine
Ek dink jy moet liewer die knoppe laat verwyder en vra dat hulle dit stuur vir histologie net om seker te maak dit is vetkliere.
'n Gejeuk kan wees van verhoogde bilirubien or ureum - kyk bietjie of die wit van jou oë gelerig lyk. NASH kan lewer sirrose veroorsaak. Wanneer het jy laas lewerfunksies getoets? Ek dink hulle moet ook net kyk of jou Ureum vlakke in die bloed OK is.
Verloor jy gewig?
Hulle moet ook dalk jou toets vir TB (kan TB in die kliere wees) Vra vir 'n QuantiFERON-TB toets.
Laat weet my wat die toetse sê?
Skuus ek stuur jou terug bloed toetse toe maar mens moet maar soms diep gaan krap vir die oorsaak!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement