advertisement
Question
Posted by: Moedeloos..! | 2009/07/23

Gestel af..DR help asb..!

Hallo DR..
Ek is moedeloos..vermoed my gestel is af..!
Lyk nou al ' n week soos " Rudolf the red nose raindeer..!" 
van al die neus blaas..
Ek drink tog elke oggend ' n Supradyn bruis tablet en tussen in ook Vit C pille wat 400mg sterkte is.
Ek het verlede week erg sinus gekry met ' n drup en bietjie koors in die middae..het met die water, koeksoda, sout en engelsesout " ge-flush"  raad wat ons Huis-dokter lank gelede al gegee het..ons doen dit net as die neus sproei nie die neus oop maak nie en die drup mens slym op die bors gee en ook jou keel irreteer en seer maak..doen dit nie baie nie..
Ek het vandag weer ' n KOORSBLAAR die 3 de een in my lewe..my Ma kry dit baie..my 2de een was in Mei..
HOE KAN EK KOORSBLARE VERHOED..?
Het al gehoor van polio druppels onder die tong..?
KAN MY GESTEL NOG AF WEES MET DIE SUPRADYN BRUIS ELKE OGGEND EN DIE VIT C TABLETTE EN AL DIE LEMOENE EN NAARTJIES WAT EK EET..?
Het al gesien dit vat maar tyd en maak nie saak of jy dadelik iets aan sit nie..!!
Raad nodig asb..!!
Dankie..Moedeloos..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Moedeloos
Supradyn en vit C help tog om mens te beskerm teen infeksies maar dit is nie 'n waarborg dat jy dit nie sal kry nie. Sinus infeksies is baie keer geneig om lae graads chronies te word en jy het waarskynlik antibiotika nodig. Polio druppels kan gebruik word om koorsblare te verhoed maar deesdae moet mens sommer anti virale middels drink as die koorsblaar sy eerste tekens begin wys ( Zelitrex of so iets) dan maak mens die virus dood.
Sien jou dokter vir 'n voorskrif?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement