advertisement
Question
Posted by: KWAAITJIE | 2007-09-10

Q.

GESPANNE

Ek is vroulik, 44, rook nie, gewig 60kg, 1,69m en stap en gim so 4x per week, eet gesond. Ek raak egter erg gespanne met hartklopping en kortasemheid oor rerige nietighede, huil vir alles, verskree my man en kinders, voel altyd moeg en geirriteerd en slaperig. Ek was vir 'n volledige mediese ondersoek met bloedtoetse ens, maar kon niks verkeerd kry nie. Nuwe ginekoloog vermoed dis die begin van menopause en wou hormoonvervangingsterapie voorskryf, maar ek was nie te vinde daarvoor nie. Ek en huisdokter besluit toe om voorbehoedmiddel te gebruik om hormone bietjie te stabiliseer. My gemoedstoestand het bietjie verbeter, maar ek huil nog maklik en raak nog erg gespanne. Ek gebruik sommer 'n oor-die-toonbank kalmeermiddel wanneer ek voel dinge ruk handuit. Wat stel u voor?

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Hallo Kwaaitjie
Jy doen alles reg! Ek stem saam met jou, as jy nog gereeld menstrueer of jou FSH is nog normaal sal ek ook nie nou al hormoon vervanging gebruik nie. Probeer die volgende: Drink ekstra kalsium en Magnesium elke dag, stoot jou vit B6 inname op, gebruik Kava kava as jy nie enige lewerprobleme het nie (gebruik net 'n betroubare en bekende "brand") vir die angstigheid. Jy kan ook jou dokter vra om jou Aterax voor te skryf as jy regtig wil uit"freak" - pasop net dit kan mens bietjie slaperig maak!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement